Juwele gaan kop toe
Lyk prinses-mooi met ryklik versierde krone en juwele in die katedraal-styl in jou hare.
Ingeryg
Armbande wat om jou voorarm ingeryg word, het onlangs opslae gemaak en is nou nog mode. Dra jou horlosie aan dieselfde arm as die armbande.
Knus aan die arm
Dié armbande is nie veronderstel om aan jou polse te klingeling nie – skuif dit op tot net onder jou elmboog en dra een of meer aan ‘n arm.
Ringe op ’n ry
Jy kan verskillende ringe saam dra, of koop ’n stel wat bymekaar pas. Die midi-ringe wat net bo die kneukel sit, is hoogmode.