kategorieë: Blogs

By, om te bly

Op pad tagtig toe is hy. Sterk. Op pad. Sterk op pad. Soek jy hom, kry jy hom op kantoor, agter die lessenaar van die sakeryk wat hy amper dertig jaar gelede man-alleen begin opbou het. Ja, ja – ’n sterk vrou aan sy sy. Maar hy? Altyd aan’t vroetel, aan’t uitvis of aan’t uitvra. Hy vroetel met sy iPhone (die jongste op die mark), vis nuuskierig uit oor die jongste iPad-apps. Al moet hy soms iemand anders roep om die knoppies te druk om weer die pad terug via Google te vind. Vra uit – wie doen wat waar wanneer hoekom? Vreesloos by, vra hy.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

En hy lees wyd – elke koerant of sakeblad, hier én internasionaal. By lees bly dit dan ook nie – hy dink, praat, deel en rig sy sakeryk sekuur. By. Byer. Byste. Is hy. Trendy tekkies en al skop hy stilweg stof in die oë van die jonges wat waarderend, maar wroegend wonder waar hul hulp vandaan sal kom.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Dan’s daar sy. Duskant sewentig skop ook sy saans haar sinvolle skoene uit. Hakke, sy ruil dit vir hakke. Rooies. Prag-polvye. Dan vat sy vrou-alleen die vloer. Met dieselfde ywer waarmee sy steeds twee, drie keer ’n jaar ’n tas pak en op ’n vliegtuig klim om van die wêreld se mooiste materiaal na Suid-Afrika te bring. Skop sy so dans-dans en koop-koop stof in die oë van die jonges om haar se pogings tot perfekte passies. Vreesloos by, is sy. Nes hy.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Ek? Ek kry gereeld die kans om styf langs dié twee te sit. Peter en June. June en Peter. Voel klein aan hul voete. Dink dan aan ’n vriendin se vraag op Facebook: wanneer is jy groot? Reken sy, die dag as jy Handy Andy met jou eie geld koop. Knik ek. Wonder weer. Wanneer is jy regtig groot?

Weet dan: groot is jy as die jonges aanhoudend by jou leer, jou aanhou vra. Groot is jy as jy wil weet wie doen wat waar wanneer hoekom. Groot is jy, die een met skop. Ja, groot is jy as jy Handy Andy met jou eie geld koop, nie net vir jouself nie, maar vir ander ook. Groot is jy wat by is, en by wil bly.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Tot volgende week,

Marí
www.incontext.co.za

Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose

Onlangse plasings

Stel die verbruiker se ervaring eerste! MSI se reis van 20 jaar om ’n ryk van skootrekenaars te bou

’n Nalatenskap wat daarop gebou is om hul verbruikers te verstaan  Oor die afgelope 20…

9 hours Gelede

Het jy wat dit vat vir ‘Die brug’ se tweede seisoen?

Iewers op ’n eiland met ’n toring staan nog ’n skatkis wat R1 miljoen kontant…

15 hours Gelede

Smelt-in-die-mond-koekies

Maak 30 koekies • 500 ml (2 k) koekmeel • 80 ml (1⁄3 k) kakao…

16 hours Gelede

Geurige tamatie-en-wors-gebak

Geurige tamatie-en-wors-gebak. Resep deur Vickie de Beer   Lees ook: Geurige worsies met sampioene en…

16 hours Gelede

Gebakte Carbonara

Vir hierdie heerlike gebakte Carbonara druk jy die blokkies mozzarella tussen die pennepasta in! Resep…

16 hours Gelede

Ribollita

Ribollita is ’n Toskaanse sopbredie. Dit word soos ’n sop gemaak maar is so lekker…

16 hours Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.