Genoeg vir 4.
Bestanddele
Burgers
- 4 volgraanrolletjies, oopgesny en gesmeer
- 4 Hoenderborsies
- 15 ml (1 e) ekstra suiwer olyfolie
- 5 ml (1 t) gekapte knoffel
- 15 ml (1 e) gekapte gemmer
- 1 groen brandrissie, gekap
- gerasperde skil van 1 lemmetjie
- 15 ml (1 e) sojasous
- 15 ml (1 e) heuning
- 2,5 ml (1/2 t) sout
Slaai
- ½ klein rooi kool, fyn gesny
- ½ klein groen kool, fyn gesny
- 1 Wortel, in dun repies gesny
- ½ klein rooi-ui, in fyn ringe gesny
- 30 ml (2 e) soetbrandrissiesous
- 30 ml (2 e) sojasous
- hand vol koljanderblare
Metode
- Sny elke hoenderborsie in die dwarste deur sodat daar 2 eenderse helftes is. Meng die olyfolie, knoffel, gemmer, brandrissie, lemmetjieskil, sojasous en heuning. Marineer vir 30 min.
- Verhit ’n riffelpan oor hoë hitte. Geur die hoender met sout. Rooster vir 8 min. aan elke kant of tot goudbruin en gaar.
- Slaai: Meng die kool, wortel, ui, soetbrandrissiesous, soja en koljander in ’n groot mengbak.
- Sit die hoenderborsies en skeppies van die koolslaai op die broodrolletjies.