kategorieë: Ons menseBekendes

Burgerd Botha stel nuwe musiekvideo vry: Deur Vuur Getemper

Burgerd Botha stel nuwe musiekvideo vry: Deur Vuur Getemper. Saamgestel deur Catherine Schenck. Hooffoto: C. Wolf.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Burgerd Botha se debuutsolo-album, Hartlagsiel, is ’n kombinasie van ligte akoestiese popmusiek, hartroerende ballades en interessante elektroniese klanke, en is in April vanjaar uitgereik. Enkelsnitte soos As jy nog twyfel, Hartlagsiel en Die sterre het gesorg dat Burgerd se stem oor die afgelope paar maande gereeld oor die radio gehoor kon word en het ook op radiostasies se trefferparades landswyd stelling ingeneem.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Sy musiek nooi jou uit om saam te sing en diep te dink oor die lewe en die liefde en sy nuutste enkelsnit, Deur vuur getemper, stel nie teleur nie. Hierdie nuwe enkelsnit en die musiekvideo word beide vandag bekendgestel – die video eerste by rooi rose.

Ons het ’n paar vrae aan Burgerd gestel oor sy musiekvideo, nuwe album, en planne vorentoe.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Vertel ons meer van jou liedjie, Deur vuur getemper.
Wanneer ’n mens traumatiese dinge beleef, is dit soms nodig dat hierdie dinge jou suiwer sodat jy getemper kan word en sterker anderkant uitkom. Daarvandaan die titel: “Deur vuur getemper“.

Vertel ons meer van die musiekvideo.
Ons het die hele dag lank aan die video geskiet … Dit is agterstevoorom geskiet van die middag tot die aand, en toe omgedraai sodat dit lyk of my klere en ek skoner en heel raak.

Hierdie liedjie is op jou debuutsolo-album, Hartlagsiel wat jy vroeër vanjaar bekendgestel het. Vertel ons meer oor hierdie album en wat dit vir jou beteken.
Die album is ’n projek wat my baie na aan die hart lê. Ek het die meeste liedjies op die album self geskryf, en verder saam met liedjieskrywers in die bedryf gewerk vir wie ek baie groot respek het. Die album weerspieël hoe ek gegroei het in die afgelope paar jaar as kunstenaar en as mens.

Wie was almal betrokke by die album?
Christiaan Schutte, Elben Schutte, Stephantasties, Joshua Oosthuizen en Murray Lubbe was betrokke by die produksie en verwerking. Van ons land se top-musikante, onder meer Mathys Maree, Vinnie Henrico, Denny Lalouette, Jacobus Schutte, Carle van Deventer en Mari-Louise Diedericks het ook op die album gewerk. Christiaan Wolf van Brickwolf was verantwoordelik vir die uitleg.

Alhoewel jy nou aan jou solo-loopbaan werk, was jy voorheen deel van die groep Romanz. Wat was die lekkerste deel daarvan om deel te kan wees van ʼn sanggroep soos Romanz?
Die kameraadskap onder die groeplede was beslis een van die lekkerste dele daarvan. Ons was baie saam op die pad. Ons het saam baie nuwe plekke gesien en het so baie avonture saam beleef – dit word later soos ’n groep broers.

Ons hoor julle het ook by Prins Albert en Prinses Charlène se troue in Monaco gesing …
Dit was ’n voorreg om so ’n optrede te kon lewer en die dansvloer by hulle onthaal met “My hele hart” te kon open. Ons was twee maal in Monaco. Die eerste besoek was die lekkerste. Ons kon vir ’n wyle skouers skuur met Prins Albert en Prinses Charlène se familie en ook ’n klein kykie kry van hulle alledaagse lewe en verantwoordelikhede. Ek bly eerder net ’n sanger!

Lees ook: Agter die skerms by ons voorbladfotosessie met Prinses Charlène

Nou dat jy op jou solo-loopbaan fokus, waarna sien jy die meeste uit?
Die voorreg om beheer te neem oor elke projek en jou eie stempel daarop te kan afdruk, is lekker. Ek sing nou musiek wat ek self geskryf het, wat geïnspireer word deur my eie ervarings en daarmee kan ek vir mense ’n blik gee op wie Burgerd Botha is.

Op hierdie punt in jou loopbaan, wat gee jou hoendervleis as jy daaraan dink?
Wanneer ek nuwe talent sien wat rou, opreg en eerlik aangebied word.

Om my eie album in my hande vas te hou na baie swoeg en sweet en harde werk. Ek het die album totaal onafhanklik van ’n platemaatskappy bymekaar gesit en ek was intens betrokke by elke aspek van die produksie.

Wat is die lekkerste vir jou: Liedjies skryf of liedjies sing?
Ek kan nie regtig kies tussen een van die twee nie. Om ’n liedjie te skep het ’n ander tipe bekoring as om voor ’n gehoor te staan en ’n boodskap oor te dra met die musiek en die emosie.

Om altwee gereeld te kan doen met my eie liedere? Onskatbaar!

Wat wil jy graag in 2019 vermag?
Ek is betrokke by ’n paar projekte waarvoor ek groot planne het vir die nuwe jaar, maar wat my sangloopbaan betref, wil ek graag met my orkes deur die land toer en optredes hou – van die grootste teaters tot die kleinste dorpies se kerksale.

Kyk hier na die musiekvideo

Jy kan Burgerd se album Hartlagsiel by musiekwinkels en op die volgende digitale platforms in die hande kry: itunes, google play music, en amazon.

Deel
Gepubliseer deur
Catherine Schenck

Onlangse plasings

5 mites oor olyfolie

Moenie hierdie 5 mites oor olyfolie glo nie: Ingevoerde olyfolie is beter as Suid-Afrikaanse olyfolie…

6 hours Gelede

Gebakte vis in geurige tamatiesous

Gebakte vis in geurige tamatiesous Lees ook: RESEP: Armand Aucamp se witvis met vanieljesous van Tahiti…

6 hours Gelede

Tamatieroomsop met kaasroosterbroodjies

Hierdie lekker resep vir tamatiesop is ideaal vir ’n vinnige aandete in die middel van…

7 hours Gelede

Lekker opskiet eet-ervaring by Vergelegen

Deur Maryke Roberts. Foto’s: Clifford Roberts en Vergelegen Die historiese landgoed, Vergelegen op Somerset-Wes, het…

8 hours Gelede

Vinnige lamskerrie

Vinnige lamskerrie 4 porsies Bestanddele: 1 ui, fyngekap 100 g kerriepasta 1 kg lamsvleis, in…

10 hours Gelede

Kry só jou tuin reg in Julie

Julie: Doen dit in die tuin     1. Snoei rose teen einde Julie of…

10 hours Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.