kategorieë: Gesondheid

Buitelugoefeninge

Hierdie reeks oefenige behoort jou 21 min te duur as jy dit drie keer herhaal. As jy langer wil oefen, voeg net nog ’n rotasie (7 minute) by. Kry ’n vriendin of dogter om jou te motiveer en doen dit minstens drie keer per week. Jy sal verbaas wees oor hoe vinnig jy verbeter en sterker word.

1. Begin met 2 minute se flink stap of draf (of touspring as jou ruimte beperk is). Jy kan ook op die plek stap as jy nie fiks genoeg is om tou te spring nie.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

2. Hurk en trap: Hurk (squat), tree op ’n trappie en doen weer ’n hurk. Tree dan weer af en herhaal vir een minuut. As jy nie ’n trappie het nie, gee net een tree vooruit, hurk, dan weer een terug met ander been en hurk.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write('
'); }

3. “triceps-dip” of driekopspier-afsak : Kry ’n stoel of trappie en plaas jou hande langs jou boude. Sak nou jou boude verby die stoel en weer terug. Herhaal 1 minuut.

4. Opstote (push-ups). Doen dit op ’n trappie. Jou hande moet ongeveer aan weerskante van jou borste wees. Moenie jou boude punt in die wind opstoot nie. Jou boude en rug moet in ’n reguit lyn wees. Herhaal 1 minuut.

5. ‘Walking lunges’: Gee groot treë terwyl jy afhurk. Jou tree moet groot genoeg wees dat jou voorste knie nie verby jou voorste voet se tone gaan nie. Maak seker dat jou agterste knie laag sak. Herhaal vir een minuut. As jy nie baie ruimte het nie, kan jy een tree vorentoe gaan en dan weer terugtree na jou beginposisie. Dan doen jy dit weer met die ander been.

6. Fietsry-opsitte: Bring jou elmboog na jou teenoorgestelde knie en wissel van die een been na die ander. Herhaal vir een minuut.

Herhaal die hele reeks drie keer (stap of draf ingesluit) om 21 minute se oefening te doen.

*Oefeninge saamgestel deur Michele Reynolds van Adventure Boot Camp in Bryanston. Uitgevoer deur Nika Schoeman, fotograaf Anet Schoeman

** Lees ook ons artikel in die Maart 2014-uitgawe (bl. 86) oor die voordele van buitelugoefen.

Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose

Onlangse plasings

Altvest maak China se VC-mark oop vir Suid-Afrikaanse beleggers

Met meer as $1 miljard wat deur ervare beleggers, soos RisCura aan waagfondse in China…

26 mins Gelede

Suurlemoenlimonade

Maak nou die heerlikste koel drankie!

23 hours Gelede

‘Skemergrond’: Maak jou gordel vas vir hierdie dramatiese wendings in Februarie

Die inwoners van Gemoedsdrif moet weereens moeilike keuses maak, geheime hanteer en hoop vind te…

1 day Gelede

Italiaanse tamatiepasta

Genoeg vir 4.    Bestanddele   ½ ciabattabrood 5 ml (1 t) gekapte knoffel ’n…

2 days Gelede

Dié ‘Suidooster’ kom in Februarie nie saggies teen die hange van die berg af nie

Hier is vyf storielyne wat Suidooster-kykers in die maand van die liefde hul naels behoorlik…

2 days Gelede

Jaci en JP is terug! Netflix word Semi-Soeter met nog Afrikaanse kykstof

Deur Thinus Ferreira. Foto's: Verskaf/Netflix   Die stromingsdiens Netflix bederf binnekort Afrikaanse kykers met nóg…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.