1. Besluit hoe jy jou buitelug spasie wil benut. Wil jy dit as onthaalarea gebruik, of soek jy net ’n rustige hoekie om jou gunstelingboek te lees?
2. Kies gemaklike stoele of banke. Mooi is nie altyd gemaklik nie.
3. Kies meubels wat die weer kan trotseer. So vermy jy onnodige tyd (en geld) om die meubels voortdurend op te knap. Metaal, kiaat, seder en behandelde rottang is goeie opsies wat vir jare mooi lyk.
4. Stoor jou meubels gedurende die buiteseisoen en voeg jare by tot die voorkoms.
5. Kies eerder kwaliteit. Sommige plastiekstoele en tafels lyk mooi, maar verweer binne twee jaar. Dieselfde geld vir minderwaardige hout- en rottang-meubels.
6. Maak gebruik van ’n buitelug-mat om jou area af te baken.
7. Daar is ook eindelose materiale beskikbaar wat die elemente kan trotseer. Span dit in as strooikussings.
Verskaffers
@Home (0860 576 576)
Weylandts (021 914 1433)
Block & Chisel (021 691 0878)
www.hertex.co.za
www.mrphome.co.za
www.bluebay.co.za
www.woolworths.co.za