kategorieë: Leef gesondGesondheid

Builepes: 4 hoofredes vir kommer vir jou en jou hond/kat

Builepes in Madagaskar voel ver. Madagaskar lê immers anderkant Mosambiek. Maar ons hawens en OR Tambo-lughawe is hoofkontaktpunte vir Madagaskar, sê die National Institute for Communicable Diseases (NICD). Daarom is ons bo-aan die lys van nege lande wat geïdentifiseer is as ’n risiko.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Daar is tans uitbrake van die swartdood-plaag in 33% van die distrikte van Madagaskar, met hul hoofstad Antananarivo se lughawe en nabygeleë  hawe as erg getref.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Hoe gevaarlik is die swartdood-builepes (bubonic plague)?

Uiters – as dit hier sou uitbreek.

Twee uit elke drie mense in die huidige builepes-uitbraak in Madagaskar het pneumoniese builepes – die dodelikste vorm daarvan. Onbehandeld sterf byna almal met pneumoniese builepes binne 24 uur vandat hulle die eerste simptome begin toon. Mense sterf dus nog voordat hulle besef waarmee hulle te doen het.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Maar dankie tog vir antibiotika. Antibiotika teen builepes is uiters suksesvol – selfs vir pneumoniese builepes. Die vangplek is egter spoed. Die sukses van die antibiotika hang absoluut daarvan af of jy dit onmiddellik met die eerste simptome begin gebruik het. As jy binne 24 uur vanaf die eerste tekens daarop is, behoort jy te oorleef.

Sover het een in sewentien siekes in Madagaskar gesterf. Hulle regering het begin met ’n veldtog van voorkomende antibiotika teen builepes, wat die sterftesyfer van 90% na onder 10% afgebring het.

As ons antibiotika teen builepes het, hoekom al die angs?

Hier is die vier hoofredes waarom jy besorg moet wees:

  • Die spoed waarmee pneumoniese builepes dood veroorsaak, soos reeds uitgewys.
  • Die tipe builepes in die huidige uitbraak is die gevaarlikste een. Die Swart Dood van die Middeleue is veroorsaak deur die relatief ligte buboniese vorm daarvan. Die risiko om hierop te sterf as jy nie behandel word nie is rondom 30% – wat reeds baie hoog is. Maar hierdie keer het ons te doen met pneumoniese builepes. Dit is die gevaarlikste vorm aangesien dit omtrent onmiddellik die longe aantas. Sowat 65% van die siekes in Madagaskar is met pneumoniese builepes gediagnoseer. Mense wat nie onmiddellik antibiotika ontvang nie, kan binne 24 uur en selfs net agtien uur dood wees. Die kans is dus goed dat mense sterf voor hulle gediagnoseer word.
  • Daarby leen die verspreidingsmetode (hoes en nies) hiervan tot uiterse groot risiko. Pneumoniese builepes versprei soos ’n verkoue deur mense wat hoes of nies, verduidelik die NICD. Dus: as ’n sieke in jou omgewing hoes of nies, kan jy die volgende slagoffer wees.
  • Is voorbereidheid by ons onvoldoende? Die impak van builepes in ’n land hang baie nou saam met die mate waarin die land voorbereid is. As almal goed ingelig is en as elke sieke dadelik gediagnoseer word en onmiddellik toegang tot antibiotika het, is almal veilig. Onwettige immigrante en mense in afgeleë gebiede is egter ’n groot uitdaging by ons, veral ten opsigte van pneumoniese builepes.

Simptome van builepes

Ongelukkig is die simptome van builepes baie algemeen. Dit kan aanvanklik soos ’n swaar verkoue of griep voel. Mense het tipies koors, kouekoors, lyfpyn, hoofpyn en geswelde limfknoppies. Hulle voel moeg, raak naar en kan ook hoes.

As jy aan die risiko op builepes blootgestel is, neem dit baie ernstig op en gaan dadelik dokter toe. Beskou enige simptome van ’n verkoue binne 15 dae na jy in Madagaskar was of kontak gehad het met mense van Madagaskar of gereis het saam met passasiers van Madagaskar, as verdag. As jou dokter bekommerd is sal hy jou op voorkomende antibiotika plaas.

Kan jy builepes by jou kat of hond aansteek?

Vlooie dien as die sleutelkontak tussen mens en dier. Sommige klein soogdiere dra die organisme maar raak nie self siek nie. As ’n vlooi hom sou byt, tel hy hierdie bloedgedraagde organisme op. Sou die vlooi later ’n mens byt, word die organisme na die mens oorgedra.

Dit is moontlik dat ons die organisme, ’n bakterie met die naam Yersinia pestis, van veral ons honde kan aansteek. Gelukkig is die kans daarop skraal aangesien ons nie ’n geskiedenis het van besmette muise, rotte, hase, ander klein soogdiere en troeteldiere nie.

Vakansie in Madagaskar

Die situasie sal in die volgende maande voortdurend verander. As jy van plan is om in 2017/2018 in Madagaskar vakansie te gaan hou, is jou beste voorsorg om opgedateerde reisraad en besonderhede van builepes (bubonic plague) op die NICD webwerf te kry.

Bronne

Die American Veterinary Medical Association hier

Die Wereldgesondheidsorganisasie (WHO) hier

SA National Institute for Communicable Diseases (NICD) hier

Deel
Gepubliseer deur
Salome Delport

Onlangse plasings

Mia le Roux gesels oor haar pad na Mej. Heelal op ‘Waar daar ’n wil is’

Sy is nie net die eerste dowe vrou om as Mej. Suid-Afrika gekroon te word…

10 hours Gelede

Eet jou hart gesond: Hier’s hoe

Het jy geweet dat meer vroue jaarliks aan hartvatsiektes en beroertes sterf as mans? Gelukkig kan…

14 hours Gelede

Maklike maaskaas-sjokolademousse

Resep: 'Dairy Gives You Go'  Bestanddele   1 ½ koppie gladde medium-vet maaskaas – kamer…

14 hours Gelede

Vetplante vir beginners

Daar is baie maniere en wenke om vetplante te laat gedy. Hier is nege wenke…

1 day Gelede

Karlien van Jaarsveld op ‘Laataand by Rian’: “Ek sou dieselfde keuses maak”

As Karlien van Jaarsveld die horlosie kon terugdraai, sou sy dieselfde keuses gemaak het, want…

2 days Gelede

Amasi-platbrood

Resep:  'Dairy Gives You Go'    Bestanddele   2 koppies koekmeel ¾ koppie Amasi ¼…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.