kategorieë: Ons menseBekendes

Bryoni Govender se Mej Heelal-rok is die toonbeeld van Suid-Afrikaanse kultuur

Deur Jade Rhode. Foto’s: Verskaf.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Mej Heelal Suid-Afrika Bryoni Govender het met aanhangers gedeel dat sy ‘n stukkie huis saam met haar na die Mej Heelal-kompetisie sal neem in die vorm van ‘n erfenis-geïnspireerde nasionale kostuum.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Die Mej Suid-Afrika Instagram-blad het verduidelik dat vanjaar se nasionale kostuum – ontwerp deur die Durbanse ontwerper Casey Jeanne – ’n Afrika-Indiese aanslag het, aangesien Bryoni van Indiese afkoms is. Hulle het bygevoeg: “Dit is deur ‘n sari geïnspireer en is versier met tradisionele Zoeloe-krale in ‘n Ndebele-patroon.”

Casey het oor die ontwerp op Instagram gepraat en gedeel: “Ons wou doelbewus nie ‘n pronkerige en oordadige nasionale kostuum vir Suid-Afrika hê nie. Maar eerder ’n hoëmode-couture-weergawe wat Bryoni laat skitter en Suid-Afrika se vaardigheid op die wêreldverhoog wys 🌍.”

Sy het bygevoeg dat die rok nie spoggerig of groot was nie, maar eerder verteenwoordigend, wat dit die ware definisie is van waaroor ‘n nasionale kostuum moet gaan.

Aangesien Suid-Afrika met baie kulture spog, is dit ‘n plesier om te sien dat Bryoni se erfenis en ander plaaslike kulture op ‘n internasionale verhoog ten toon gestel sal word.

Die 72ste uitgawe van gesogte geleentheid vind op 18 November in die Sentraal-Amerikaanse land El Salvador plaas.

Lees ook: KYK: Natasha Joubert deel video van haar kêrel se reaksie op Mej Suid-Afrika kroning

Deel
Gepubliseer deur
Karlien Meiring

Onlangse plasings

‘Kokkedoor Vuur & Vlam’: Net drie spanne oor ná stormagtige braai-uitdaging

In die 11de episode van Kokkedoor Vuur & Vlam, kykNET se spannende koswerklikheidsreeks, word die…

2 days Gelede

Pak jou somerlinne só weg

Die verandering van somer na herfs beteken dat somer-beddegoed deeglik gestoor moet word tot die…

2 days Gelede

Foute wat jy moet vermy wanneer jy jou slimfoon laai

Deur Jade Rhode   As jy opgemerk het dat jou foon doodgaan na 'n kort…

2 days Gelede

Was jou grimeerkwassies só

Vraag Moet ek my my grimeerkwassies was, en hoe gereeld?  - Tirsa van Staden Lees…

2 days Gelede

‘The Mommy Club’ se Ansu Viljoen: ‘Nie almal is bedoel om in jou binnekring te wees nie’

Showmax se gewilde werklikheidsreeks, The Mommy Club: Van die Hoofstad bied ’n vars, maar soms…

2 days Gelede

Suurlemoen-en-klapper-skywe

Resep deur Vickie de Beer

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.