kategorieë: KosSomerkos

Bruschetta op sy beste

Sit ’n slag lang bruschettas voor met bolae wat jou gaste sommer aan tafel kan pak en sny. Berei vooraf ’n verskeidenheid bolae en koop koue vleis soos parmaham.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Brode

Genoeg vir 6

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }
  • 2 baguettes
  • 2 knoffelhuisies, gekneus
  • 80 ml olyfolie

Bolae

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Ertjie-guacamole
Genoeg vir 6

  • 500 g bevrore ertjies
  • 45 ml (3 e) olyfolie
  • 60 ml (¼ k) lemmetjiesap
  • 60 ml (¼ k) vars koljander, fyn gekap
  • 2 groenrissies, wit pitte en vliesies verwyder en fyn gekap
  • 2,5 ml (½ t) fyn komyn
  • 2,5 ml (½ t) fyn koljander

Gevulde zucchini
Genoeg vir 6

  • 2 × 100 g-bokmelkkaas – sny in 10 snytjies elk
  • 2 groot murg-pamoentjies, met ’n groenteskiller in linte gesny
  • 8 tiemietakkies
  • 125 ml (½ k) olyfolie
  • 2 knoffelhuisies, gekneus
  • 5 ml (1 t) koljandersaad
  • Skil van 1 suurlemoen
  • Sout en gemaalde swartpeper

Gemarineerde fyn groenboontjies

Genoeg vir 6

  • 200 g fyn groenboontjies
  • 250 ml (1 k) olyf- of avokado-olie
  • 60 ml (¼ k) witwynasyn
  • 15 ml (1 e) Dijonmosterd
  • 5 ml (1 t) fyn gekapte knoffel
  • 5 ml (1 t) heuning
  • 2 hande vol pietersielie, fyn gekap
  • 60 ml (¼ k) dennepitte (of sonneblomsade), gerooster

Brode

Voorverhit die oond tot 220 °C.

  1. Sny die baguettes in die lengte middeldeur. Smeer die brood met die knoffel en verf met olyfolie aan albei kante.
  2. Rooster vir 5-8 min. of tot goudbruin en krakerig. Pak die brood en die bolae op die tafel uit.

Bolae

Ertjie-guacamole

  1. Kook die ertjies vir 2-3 min. in die mikrogolf.
  2. Verwerk al die bestanddele vir 2-3 min. in ’n voedselverwerker tot glad en egalig.
  3. Geur na smaak.
  4. Hou in ’n glashouer tot benodig.

Gevulde zucchini

  1. Rol die bokmelkkaas in 10 g-balletjies.
  2. Draai ’n zucchini-lint om elke balletjie en sit saam met die tiemie in ’n glasbottel.
  3. Meng die olie, knoffel, koljander, suurlemoen, sout en peper en gooi oor die zucchini-balletjies.
  4. Hou in die yskas tot benodig.

Gemarineerde fyn groenboontjies

  1. Kook die groenbone vir 2-3 min. in soutwater.
  2. Dreineer, dompel in yswater en dreineer weer. Skep in ’n skoon glasbottel.
  3. Meng die olie, witwynasyn, mosterd, knoffel, heuning, pietersielie en dennepitte in ’n mengbak en sprinkel oor die groenbone. Hou tot opskeptyd.
Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose

Onlangse plasings

MSI Vakansieverkope: Maak die Perfekte Geskenk Oop Hierdie Seisoen!

MSI is opgewonde om ons eksklusiewe vakansieverkope aan te kondig, wat van 10 Desember tot…

2 weeks Gelede

Maak vanjaar jou beste jaar

Die lewe is te kort om al jou eie foute te maak. Leer by ander…

2 weeks Gelede

Skoonheidsprodukte: foute wat almal maak

Los jy jou potjies se deksels oop of staan jou skoonheidsprodukte in die son? Dan…

2 weeks Gelede

Maklike gemmerbier – sonder gis

Maak hierdie maklike gemmerbier - dit bevat nie gis nie! Dis die heerlikste afkoel-drankie.

2 weeks Gelede

Ken jou vonkelwyn

Vonkelwyn is ryk aan geskiedenis Die tradisie om met vonkelwyn iets te vier word histories…

2 weeks Gelede

5 maniere om jou dag reg te begin

Met hierdie wenke sal jy soggens die spreekwoordelike gousblom eerder as die molshoop wees, al…

2 weeks Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.