kategorieë: GebakKosNagereg

Bruintjies in ’n eiertjie

Bruintjies in ’n eiertjie Resep deur Vickie de Beer.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Click here for the recipe in English

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Genoeg vir 12 eiertjies of 6 bruintjies as jy dit in ’n muffinpannetjie bak.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Bestanddele

  • 12 ekstragroot eierdoppe, ons het dit blou gekleur, maar jy kan hulle wit hou
  • 200 g donkersjokolade, fyn gekap
  • 125 g botter
  • 3 eiers
  • 220 g suiker
  • knypie sout
  • 180 g koekmeel
  • 45 ml (3 e) kakaopoeier

Metode

  1. Verhit die oond tot 180 °C. Sit die eierdoppe regop in ’n kolwyntjiepan.
  2. Maak die gaatjie aan die bokant effens groter met ’n sosatiestokkie.
  3. Smelt die sjokolade en botter saam in ’n bak wat knus op ’n kastrol halfvol kokende water pas. Trek van die hitte af en hou eenkant.
  4. Klop die eiers en suiker in ’n ander mengbak tot lig en donsig. Vou die sjokolademengsel by die eiermengsel in.
  5. Sif die sout, koekmeel en kakaopoeier in die sjokolade-en-eier-mengsel in.
  6. Vou deur totdat die mengsel goed gemeng is.
  7. Skep die mengsel in ’n spuitsak (ons gebruik sommer ’n toebroodjie-sakkie wat dig seël) en spuit die eiers halfvol met die mengsel. Maak die gaatjie groter as jy sukkel om die mengsel in te kry.
  8. Bak vir 15-20 min. of tot gaar. As die mengsel ’n bietjie uitbak, kan jy dit maar net liggies afkrap en skoonmaak.
  9. Sit die eiertjies in eierboksies voor, elke gas moet sy eie eiertjie oopbreek!
  10. Sit met ekstra gesmelte sjokolade voor.
Deel
Gepubliseer deur
Anelle Tewson

Onlangse plasings

‘Kokkedoor Vuur & Vlam’: Net drie spanne oor ná stormagtige braai-uitdaging

In die 11de episode van Kokkedoor Vuur & Vlam, kykNET se spannende koswerklikheidsreeks, word die…

13 hours Gelede

Pak jou somerlinne só weg

Die verandering van somer na herfs beteken dat somer-beddegoed deeglik gestoor moet word tot die…

19 hours Gelede

Foute wat jy moet vermy wanneer jy jou slimfoon laai

Deur Jade Rhode   As jy opgemerk het dat jou foon doodgaan na 'n kort…

20 hours Gelede

Was jou grimeerkwassies só

Vraag Moet ek my my grimeerkwassies was, en hoe gereeld?  - Tirsa van Staden Lees…

20 hours Gelede

‘The Mommy Club’ se Ansu Viljoen: ‘Nie almal is bedoel om in jou binnekring te wees nie’

Showmax se gewilde werklikheidsreeks, The Mommy Club: Van die Hoofstad bied ’n vars, maar soms…

20 hours Gelede

Suurlemoen-en-klapper-skywe

Resep deur Vickie de Beer

21 hours Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.