Genoeg vir 6-8
Bestanddele
- 110 ml (1⁄3 k + 2 e) sagte botter
- 250 ml (1 k) strooisuiker
- 5 ml (1 t) vanieljegeursel
- 4 eiers
- 100 ml (1⁄3 k + 1 e + 1 t) koekmeel
- 60 g (125 ml) kakao
- 200 g (2 blokke) donkersjokolade, gekap
Metode
Voorverhit die oond tot 180 °C. Voer ’n kolwyntjiepan met kolwyntjie papierhouers uit.
- Meng die botter, suiker en vanieljegeursel in ’n grootmengbak tot dik en romerig.
- Voeg die eiers een vir een by en meng goed. Sif die meel en kakao by en meng deur.
- Smelt die sjokolade oor ’n dubbelkoker, of vir ’n paar sekondes op die ontvriesstelling in die mikrogolfoond. Laat effens afkoel.Vou die gesmelte sjokolade deur die beslag.
- Skep in die kolwyntjiepan en bak vir 20 min. of tot ’n toetspen uitkom met ’n paar klam krummels daaraan.
- Laat op ’n draadrak afkoel. Sit met die vinnige, lekker bolaag van die sjokoladepoffertjies voor.