Bruinsuiker meringue
Serves: 6
Nutrition facts:
200 calories
20 grams fat
Ingredients
- 1 middelslag-meringue
- 4 groot eierwitte, by kamertemperatuur
- 250 ml (1 k) Selati-demarera bruinsuiker
- 250 ml (1 k) room
- 15 ml (1 e) goeie koffiepoeier
- 80 g gepreserveerde gemmer in stroop, dun gesny
- Voorverhit die oond tot 100 °C en voer ’n bakplaat met bakpapier uit.
Instructions
- Klop die eierwitte in ’n elektriese menger tot dit stywe punte vorm. Voeg 1/3 van die suiker by en klop vir 1-2 min. tot dik en glansend.
- Voeg die res van die suiker by terwyl die menger aangeskakel is. Hou aan klits tot dik en skuimerig en tot dit weer stywe punte vorm.
- Skep die meringue op die voorbereide bakplaat. Vorm dit met die agterkant van ’n paletmes in ’n sirkel.
- Bak vir 1-1½ uur tot krakerig. Maak die oonddeur ná sowat ’n uur oop sodat die meringue nie brand nie. Droog nog ’n bietjie in die afgeskakelde oond uit tot krakerig. As dit nog baie sag is, kan jy die temperatuur tot 50 °C verlaag en dit verder laat uitdroog.
- Laat die meringue afkoel, lig versigtig van die bakpapier op en sit op ’n mooi dienbord.
- Klop die room en vou die koffiepoeier in. Skep op die afgekoelde meringue met die gepreserveerde gemmer bo-op.
Rooi Rose
Lees Meer
Die lekkerste botterbroodjies (skons)
21/01/2025
5 vinnige visresepte vir aandete
20/01/2025