kategorieë: GebakKos

Bruinbotter-sesamkoekies met botterkaramel

Basiese soetkoekies

Genoeg vir 24 koekies

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

• 180 g botter
• 200 g strooisuiker
• 10 ml (2 t) vanieljegeursel
• 1 eier
• 240 g koekmeel
• 2,5 ml (½ t) bakpoeier
• 2,5 ml (½ t) sout

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

1 Voorverhit die oond tot 180 °C. Voer ’n bakplaat met bakpapier uit.
2 Room die botter en suiker in ’n groot mengbak tot lig en donsig.
3 Voeg die vanieljegeursel en eier by en klits tot goed gemeng.
4 Voeg die koekmeel, bakpoeier en sout by en meng goed.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

• Om ronde koekies te maak
Rol die deeg in balletjies (sowat 25 g elk) en sit op die voorbereide bakplaat. Druk hulle met ’n vurk of jou duim effens platter.

• Om vorms uit die deeg te druk
Rol die deeg so dun moontlik op ’n skoon werksvlak uit wat liggies met meel bestuif is. Bak vir 10-12 min. of tot goudkleurig en gaar.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Gebakte karamel

Ons het hierdie idee op een van ons gunsteling-kosblogs, TheKateTin, raakgeloop. Jy maak jou eie karamelkondensmelk deur kondensmelk in die oond te bak – dis baie veiliger as ons ou drukkokermetode!

• 2 x 360 g-blikkies kondensmelk

1 Voorverhit die oond tot 200 °C.
2 Gooi die kondensmelk in ’n dieperige oondpan en maak die pan met foelie toe. Sit die oondpan in ’n groter oondpan en maak die onderste oondpan vol water.
3 Bak vir 4 uur of tot goudkleurig. Hou maar fyn dop, want almal sal lepelsvol steel!
4 Smeer die karamel op die basiese soetkoekies en plak opmekaar.

Bruinbotter-sesamkoekies met botterkaramel

Hierdie koekies is glutenvry omdat dit met keker-ertjiemeel (beskikbaar by gesondheidswinkels) gemaak word. Die koekies is net so lekker sonder die botterkaramelbolaag.

1 Maak die basiese soetkoekieresep maar vervang die koekmeel deur kekerertjiemeel en voeg 100 g sesamsaad by.
2 Smelt die 180 g botter wat in die resep gebruik word in ’n middelslagpan oor lae hitte.
3 Kook tot die botter ’n neuterige smaak en ’n ligte karamelkleur kry. Trek van die hitte af en laat afkoel.
4 Meng die bruinbotter en die res van die koekiedeeg-bestanddele.
5 Bak soos beskryf.

Botterkaramel
• 125 g botter
• 125 g heuning
• 125 g suiker

1 Voer ’n bakplaat met bakpapier uit.
2 Smelt die botter in ’n klein kastrol oor matige hitte.
3 Voeg die heuning en suiker by. Roer totdat die suiker opgelos is.
4 Verhoog die hitte en kook liggies vir 5 min. of tot sagtebalstadium. (Toets dit deur ’n druppeltjie karamel in ’n glasie water te gooi. As die suiker in ’n sagte balletjie bymekaarkom is dit reg.)
5 Doop die koekies in die karamel.
6 Sit op die voorbereide bakplaat en hou eenkant totdat die karamel gestol is.

Deel
Gepubliseer deur
Michelle Nortje

Onlangse plasings

Hoe om jou snyplanke skoon en kiemvry te hou

Hier is 'n paar stappe om jou snyplank behoorlik skoon te maak:   Was jou…

7 hours Gelede

7 mites oor griep

Met die griepseisoen net om die draai (April/Junie tot Augustus/September), is dit belangrik om die…

8 hours Gelede

Staatmaker-viskoekies

Genoeg vir 8 viskoekies   Bestanddele   Viskoekies: 500 g gevriesde stokvis olyfolie om mee…

11 hours Gelede

Antoinette Louw gesels oor Suidooster se nuwe feeks: “Sy vermy haar eie seer”

Dié ongewilde karakter is die bombastiese redakteur en trendsetter, Amore Meyer, wat nou die een…

14 hours Gelede

‘Kokkedoor Vuur & Vlam’: Net drie spanne oor ná stormagtige braai-uitdaging

In die 11de episode van Kokkedoor Vuur & Vlam, kykNET se spannende koswerklikheidsreeks, word die…

5 days Gelede

Pak jou somerlinne só weg

Die verandering van somer na herfs beteken dat somer-beddegoed deeglik gestoor moet word tot die…

5 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.