kategorieë: GebakKos

Bruinbotter-en-mout-koek

genoeg vir 12 porsies

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Koek
• 200 g botter
• 8 eiers
• 520 g strooisuiker
• 560 g koekmeel
• 30 ml (2 e) bakpoeier
• 5 ml (1 t) sout
• 375 ml (1½ k) melk
• 60 g versoete moutpoeier (Horlicks)
• 125 ml (½ k) brandewyn
• gerasperde skil van een lemoen
• 10 ml (2 t) vanieljegeursel

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Versiering
• 150 g botter
• 200 g versiersuiker
• 750 g roomkaas
• eetbare goue glinsterpoeier (kyk by spesialiteits-bakwinkels)

1 Voorverhit die oond tot 180 °C.
2 Voer twee 20 cm- en twee 17 cm-koekpanne met bakpapier uit. Smeer met botter of spuit met kleefwerende kossproei.
3 Verhit die botter in ’n klein kastrol oor lae hitte tot goudkleurig en dit ’n neutagtige geur het. Laat afkoel.
4 Room die eiers en suiker saam in ’n groot mengbak tot lig en donsig.
5 Sif die koekmeel, bakpoeier en sout by die mengsel. Vou versigtig in tot dit deeglik ingemeng is.
6 Verhit die melk tot kookpunt in ’n kastrolletjie. Meng die moutpoeier en ’n bietjie van die melk tot ’n pasta en meng deur die warm melk.
7 Trek van die hitte af en voeg die bruinbotter, brandewyn, lemoenskil en vanieljegeursel by. Voeg die melkmengsel by die meel en meng deeglik.
8 Verdeel die beslag tussen die 4 panne en bak vir 35-40 min. of tot goudkleurig en ’n toetspen wat in die middel ingedruk is, skoon uitkom.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Versiering
8 Room die botter en versiersuiker saam tot lig en donsig. Voeg die roomkaas by en klits tot goed gemeng.
9 Smeer ’n lagie van die versiersel op elke koek en stapel die koeke opmekaar. Smeer die hele koek met die versiersel.
10 Verf hier en daar van die goue glinsterpoeier op die versiersel. Jy kan die kwassie in ’n klein bietjie brandewyn natmaak sodat die poeier makliker verf en kleef.

Deel
Gepubliseer deur
Anelle Tewson

Onlangse plasings

Hoe om jou snyplanke skoon en kiemvry te hou

Hier is 'n paar stappe om jou snyplank behoorlik skoon te maak:   Was jou…

7 hours Gelede

7 mites oor griep

Met die griepseisoen net om die draai (April/Junie tot Augustus/September), is dit belangrik om die…

7 hours Gelede

Staatmaker-viskoekies

Genoeg vir 8 viskoekies   Bestanddele   Viskoekies: 500 g gevriesde stokvis olyfolie om mee…

11 hours Gelede

Antoinette Louw gesels oor Suidooster se nuwe feeks: “Sy vermy haar eie seer”

Dié ongewilde karakter is die bombastiese redakteur en trendsetter, Amore Meyer, wat nou die een…

14 hours Gelede

‘Kokkedoor Vuur & Vlam’: Net drie spanne oor ná stormagtige braai-uitdaging

In die 11de episode van Kokkedoor Vuur & Vlam, kykNET se spannende koswerklikheidsreeks, word die…

5 days Gelede

Pak jou somerlinne só weg

Die verandering van somer na herfs beteken dat somer-beddegoed deeglik gestoor moet word tot die…

5 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.