Bruin sampioen gevul met Rooibos-koeskoes, botterskorsie, feta, basilie en geroosterde amandels
Bruin sampioen gevul met Rooibos-koeskoes, botterskorsie, feta, basilie en geroosterde amandels
Serves:Genoeg vir 8 menseNutrition facts:200 calories20 grams fat
Ingredients
8 groot bruin sampioene
250ml koeskoes
300g ongesoute botter
2 koppies botterskorsie, geskil en in 2cm stukkies gekap.
50g feta
’n Handvol amandels
250ml kokende Laager rooibostee
20ml olyfolie
10ml hoenderaftreksel
2 fyngedrukte knoffelhuisies
’n Handvol vars fyngekapte basilie
Droë knoffel-en gemengde kruiemengsel, sout en growwe swartpeper
’n Paar eetlepels balsemiek asyn-reduksie (opsioneel)
Instructions
Sampioene 1 Verhit oond tot 200°C. 2 Verhit die botter en fyngedrukte knoffel in ’n mikrofgolf-veilige bak totdat die mengsel gesmelt het - omtrent 1 minuut. 3 Smeer ’n bakplaat, wat groot genoeg is vir 8 sampioene, met die botter en knoffel-mengsel. Plaas die sampioene op die bakplaat en voeg ’n bietjie droë knoffel-en gemengde kruiemengsel by die sampioene voordat dit in die oond vir 20 minute gebak word. 4 Geur die sampioene met sout en growwe swartpeper sodra dit uit die oond kom.
Vulsel 1 Verhoog die oond tot 230°C. 2 Voer ’n groot bakplaat met bakpapier. Versprei die botterskorsie-stukkies eweredig op die bakplaat en bak 20-30 minute. 3 Plaas die koeskoes in ’n breë, plat bak/houer. Voeg die hoenderaftreksel by die sterk rooibostee en roer totdat die aftreksel opgelos het. Maak seker dat al die koeskoes met die rooibostee bedek is. Plaas die koeskoes eenkant om vir 10 minute af te koel. Masseer die koeskoes totdat los korreltjies vorm. 4 Kombineer die koeskoes, botterskorsie, feta, basilie en feta in ’n pan oor lae hitte en meng goed. 5 Geur met sout en growwe swartpeper.
Vir opskep: verdeel die koeskoes eweredig en skep op die gebakte sampioene. Voeg die balsemiekasyn-reduksie by vir ekstra geur.