Bruin na blonde hare: Rolene Strausse se haarstilis vertel ons hoe. Deur Corné Greeff. Hooffoto: Verskaf.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }
Die voormalige Mej. Wêreld, Rolene Strauss, se pragtige, lang hare en natuurlike krulle is iets waarvan meninge vrou seker droom. As kind het sy ligter hare gehad, en sy het besluit dit is tyd vir ’n verandering.
Eloise Steyn, haarstilis by die Gary Rom Hairdressing-salon in Willowbridge, is verantwoordelik vir die kapsels van bekendes soos Rolene, Minki van der Westhuizen, Werner Kok en Francois van Coke, en is ook deesdae die stilis wat vir van ons lesers ’n nuwe voorkoms skep. Ons het by haar gaan inloer om meer te wete te kom oor Rolene se nuwe haarstyl, asook wat jy moet weet voordat jy so ’n groot besluit neem.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }Lees ook: Rolene wil inspireer met haar album vol lewenslesse
Ek het Rolene se hare maande lank voorberei vir die groot verandering. Sy gebruik die Silk Force Treatment van Gary Rom Hair Care (R1 740) om die hare te versterk. Ons het nie in een dag bereik wat ons wou nie, maar het dit geweet. Ons doen dit geleidelik juis om die toestand van haar hare te beskerm. Ons het ’n prentjie in gedagte van wat ons wil bereik en werk daarheen.
Lees ook: 8 dinge wat jy moet weet voordat jy jou hare blond kleur
Rolene se hare was eintlik altyd natuurlik ligter en ons het toe ligte strepies bygesit. Dit verg meer onderhoud en toe sy swanger raak en in haar laaste studiejaar het sy haar hare net donker gemaak omdat dit minder onderhoud en tyd geverg het. Nou is dit weer tyd vir ’n verandering. Werner Wessels, haar stilis en vriend, is mal oor haar ligter hare.
Dit is belangrik dat jou hare in ’n baie goeie toestand is en dat jy bereid is om die regte salonprodukte te gebruik, anders sal jou hare breek en uitgedroog voorkom.
Lees ook: Diaan Lawrenson gesels oor haar pienk hare PLUS ons wys jou hoe om self pienk hare te kry
Die kleur moet elke ses tot agt weke opgekikker word, afhangend van hoe lig die hare gemaak word of watter tegniek gebruik word. Jou stilis behoort vir jou te sê.
Gewoonlik hang dit van veltoon en gelaatstrekke af. By Gary Rom Hairdressing doen ons ’n konsultasie met dream colour capes om te help sien wat die ondertoon van die vel is. ’n Goeie aanduiding is ook om op jou kinderfoto’s te kyk watter kleur jou hare was.
Foto: verskaf
Die ligter strepies in haar hare lyk mooi natuurlik! Foto: Verskaf
Rolene se hare as kind was ook baie ligter:
Die pragtige model en branderplankryer het besluit dit is tyd vir verandering. Van stiliste tot modelagentskappe het al aanbeveel dat sy haar hare sny en nou het sy die stap gedoen en haar langer lokke vir ’n korter lob verruil.
Voor
Na
Die hartebreker wat bekend is vir sy rolle in High School Musical, Baywatch, Neighbours en The Greatest Showman het onlangs sy donker hare vir ’n ligter, gebleikte haarstyl verruil.
Voor
Na
Dit lyk amper of die ster van 13 Reasons Why nie kon besluit wat sy wil hê nie. Sy het onlangs haar hare van bruin na rooi en terug na bruin verander.
Voor
Terug bruin toe
Dié model en Justin Bieber se vrou het onlangs haar langer kapsel vir ’n korter lob verruil.
Voor
Na
Die aktrise en sanger het besluit pastelpienk is nie meer vir haar nie en sy het weer blond geword.
Voor
Na
Granola is deesdae nie net meer vir ontbyt bedoel nie. Hierdie krakerige kombinasie van sade…
Showmax het pas die amptelike lokprent vir The Mommy Club: Van die Hoofstad, vrygestel. Dis…
Genoeg vir 8 Bestanddele Tertdeeg 375 g koekmeel 2,5 ml (½…
In die derde episode van kykNET se skitterende Kokkedoor Vuur & Vlam-reeks moes die deelnemers…
Deur Maryke Roberts. Foto's: Maryke Roberst en verskaf/Departement Kultuur en Toerisme, Abu Dhabi …
Brandrissies is nie in almal se smaak nie en nie almal se palet hou van…
Hierdie webwerf gebruik koekies.