kategorieë: Video'sOntspanning

Bruidegom verras sy bruid met oulike danspassies

rooi rose se voormalige mode-assistent, Daniela van den Berg, se troue is groot nuus op die internet omdat haar bruidegom, Christiaan van den Berg, haar verras het met ’n onverwagse dansvertoning tydens die onthaal.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Daniela en Christiaan het mekaar op hoërskool ontmoet en gaan sedert 2010, toe hulle in graad 11 was, uit. Hulle het in April 2016 verloof geraak en is op 26 November 2016 by die Anura-wynlandgoed net buite Stellenbosch getroud.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Daniela, wat deesdae ’n vryskutstilis is, sê sy het glad nie verwag dat Christiaan en sy strooijonkers vir haar sou dans nie. Christiaan voer nie elke dag sulke goed geoefende danspassies uit nie, maar hy is ’n man wat van pret en vermaak hou en hy geniet dit om te dans.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Christiaan en sy strooijonkers het voor die troue omtrent vier keer bymekaargekom om die danspassies uit te werk en te oefen, maar ’n paar van die strooijonkers kon nie al die oefeninge bywoon nie. Baie van hulle het dus net eenkeer saam geoefen. Niemand anders het geweet van dié verrassing nie, behalwe vir Christiaan se ouers. Daar is by hulle huis geoefen aan die danspassies. Die liedjies het nie enige spesifieke betekenis nie, Christiaan het dit net gekies omdat dit by die “boy (of girl) band“-tema gepas het.

Christiaan was in 2012 tydens sy eerste jaar op universiteit in ’n frats-vierwielmotorfietsongeluk. Sy een been het baie slegte skade opgedoen en binne een jaar het hy 11 operasies ondergaan – alles van been- tot veloorplantings. Die herstelproses het omtrent twee jaar geduur en amputasie is gereeld oorweeg. Hy was ook vir lank in ’n rolstoel. Hierdie danspassies was dus ’n spesiale oomblik vir die paartjie as bewys van sy herstelproses en sy gesondheid. Daniela het met ons gesels oor dié herstelproses. “Ons het net gebid en Christiaan se vertroue in die Here was aansteeklik. Die Here is so goed – die dokters getuig self dit was ’n wonderwerk dat hy sy been kon behou en dat hy nou so kan dans. Ons is so dankbaar en gee regtig alle eer aan die Here!”

Kyk net hoe dans die man!

Deel
Gepubliseer deur
Catherine Schenck

Onlangse plasings

Bak vir Eid al-Fitr: Groot dinge gebeur as daar tradisie, samehorigheid en soet vieringe is

Die kern van hierdie tradisie is die kuns daarvan om so te bak dat eenvoudige…

60 mins Gelede

Duncan Johnson oor ‘Skemergrond’ se skurk: ‘My waardes verskil hemelsbreed van Beeno s’n’

    In die wêreld van televisie en teater is die rol van die skurk…

3 hours Gelede

Skuinskoek

Genoeg vir 8   Bestanddele   625 ml (2½ k) koekmeel 125 ml (½ k)…

3 days Gelede

Vinnige Peppermint Crisp-tert

Mev. Sannie Bosman van Pretoria was in Mei, 2005 ons Teetydtreffer-wenner vir haar lekker vinnige…

3 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae met Anton Goosen oor die verloop van tyd en sy nuwe musiek

Die Liedjieboer Anton Goosen is terug met ’n storie wat die hart tref. Anton, een…

3 days Gelede

Die beste wenke om jou huis en lewe uit te sorteer

Die voordele wat ontklottering vir ons inhou, word wyd besing. Om te ontklotter beteken nie…

3 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.