Alida Ryder se bekende blog, Simply Delicious, is een van my gunsteling-kosblogs. Haar boek, Heerlik en Maklik: Hartskos is ook ’n staatmaker in my kombuis.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }“My ma was nie baie lief vir kos maak nie, maar so nou en dan wou sy ons bederf en het dan vir ons dié steaks gemaak. Sy het vroegmiddag al begin om die steak plat te slaan en dit was altyd so lekker om by die kombuistafel te sit en toe te kyk hoe sy die steaks vinnig in die meel, eier en dan weer in meel druk voor hulle in die warm vet gebraai word. Wanneer ek na haar verlang, is dit steeds die gereg wat ek die graagste maak.”
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }
Genoeg vir 4
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }• 4 lendeskywe (sirloin steaks)
• 500 ml (2 k) meel, met sout en peper gegeur
• 2 eiers, geklits
• olie vir braai
• suurlemoenskyfies
• groenslaai om mee te bedien
1 Slaan die steak met ’n vleishamer plat. Voorverhit 60 ml olie in ’n groot pan oor hoë hitte.
2 Druk die steaks eers in die gegeurde meel, dan in die eier en dan weer in die meel.
3 Braai tot goudbruin en gaar.
4 Sit op kombuispapier om die oortollige olie te absorbeer en sit dadelik voor met romerige kapokaartappels of bros gebraaide skyfies en ’n groenslaai.
Lees ook: RESEP: Armand Aucamp se witvis met vanieljesous van Tahiti
MSI is opgewonde om ons eksklusiewe vakansieverkope aan te kondig, wat van 10 Desember tot…
Die lewe is te kort om al jou eie foute te maak. Leer by ander…
Los jy jou potjies se deksels oop of staan jou skoonheidsprodukte in die son? Dan…
Maak hierdie maklike gemmerbier - dit bevat nie gis nie! Dis die heerlikste afkoel-drankie.
Vonkelwyn is ryk aan geskiedenis Die tradisie om met vonkelwyn iets te vier word histories…
Met hierdie wenke sal jy soggens die spreekwoordelike gousblom eerder as die molshoop wees, al…
Hierdie webwerf gebruik koekies.