kategorieë: Kos

Brosgebraaide eend met pampoen-gnocchi & tahini-sous

Brosgebraaide eend met pampoen-gnocchi en tahini-sous

Genoeg vir 6

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Gnocchi
• 750 g pampoen, in blokkies gesny en met olyfolie in die oond gerooster tot sag
• 60 g amandelmeel
• 40 g pylwortelmeel (arrowroot, kry dit by gesondheidswinkels)
• 30 ml klappermeel
• 2,5 ml (½ t) sout
• 45 g botter

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

1 Druk die pampoen deur ’n fyn sif. Meng die pampoen, amandelmeel, pylwortelmeel en sout saam.
2 Knie tot ’n deeg vorm. Bestuif die werkvlak liggies met klappermeel.
3 Verdeel die deeg in 4 stukke. Rol elke stuk in ’n worsie van 2 cm dik en sny in stukkies van 2 cm lank.
4 Druk elke gnocchi liggies met ’n vurk plat.
5 Bring ’n groot kastrol met gesoute water tot kookpunt. Kook die gnocchi in sarsies vir 2-3 min. of tot dit na bo begin dryf.
6 Lig met ’n gaatjieslepel uit die water en hou eenkant.
7 Smelt die botter net voor julle eet in ’n pan en braai die gnocchi vir 5 min. daarin of tot goudkleurig.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Bykomstighede

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Tahini-sous
1 Meng 1 x 400 g-blik klapperroom, 80 ml (⅓ k) tahini-pasta (tahini is sesampuree – kry dit by gesondheidswinkels), 80 ml (⅓ k) sojasous, 15 ml (1 e) gekapte gemmer, 5 ml (1 t) gekapte knoffel en die sap van 1 lemmetjie in ’n kastrol en laat prut vir 2 min.
2 Trek van die hitte af en voeg 4 hande vol babaspinasieblare en ’n groot hand vol vars koljanderblare by.
3 Verwerk tot glad met ’n stokmenger of in ’n voedselverwerker.

Krakerige heuning-neute
1 Voorverhit die oond tot 180 °C.
2 Meng 15 ml (1 e) klapperolie, 125 ml (80 g) kasjoeneute, 125 ml (80 g) amandels, 125 ml (80 g) pistasieneute, 2,5 ml (½ t) sout, 15 ml (1 e) heuning en sprei uit op ’n bakplaat wat met bakpapier uitgevoer is.
3 Bak vir 10 min. of tot goudkleurig en bros.

Brosgebraaide eendborsies
1 Sny vlak kepe in die vel van 4 eendborsies en geur met sout en swartpeper.
2 Verhit 15 ml (1 e) olyfolie in ’n pan oor matige hitte. Braai die eend, velkant na onder, vir 2 min. daarin.
3 Voeg 4 jenewerbessies, 4 wonderpeperkorrels, 2 steranyspeule en 1 gekapte rooi brandrissie by en braai vir nog 5 min. of tot die vel goudkleurig en krakerig is. Draai die eend om en braai vir nog 2 min.
4 Voeg die uitgedrukte sap en gerasperde skil van 1 lemoen en 60 g botter by en braai vir nog 2-4 min. – of tot na jou smaak.
5 Haal die vleis uit die pan en laat rus vir 5 min. voor jy dit in dik skywe sny.
6 Gooi die pansous oor die gesnyde borsies.

Roerbraaigroente met gemmer en lemoen
1 Verhit 30 ml (2 e) olyfolie in ’n wokpan oor matige hitte.
2 Voeg 15 ml (1 e) gekapte gemmer, 10 ml (2 t) gekapte knoffel en 1 fyngekapte rooi brandrissie by en braai vir 1 min.
3 Sny 4 murgpampoentjies, ’n hand vol babaspinasie, 1 groenkool, 6 mange tout, 2 wortels en 6 broccolini in dun repies.
4 Voeg by die gemmermengsel en braai vir 5 min. 5 Voeg 15 ml (1 e) sojasous en die gerasperde skil en sap van 1 lemoen by.
6 Braai vir nog 2 min. Sit met sesamsaad en vars koljander voor.

Deel
Gepubliseer deur
Michelle Nortje

Onlangse plasings

Tamatieroomsop met kaasroosterbroodjies

Hierdie lekker resep vir tamatiesop is ideaal vir ’n vinnige aandete in die middel van…

51 mins Gelede

Lekker opskiet eet-ervaring by Vergelegen

Deur Maryke Roberts. Foto’s: Clifford Roberts en Vergelegen Die historiese landgoed, Vergelegen op Somerset-Wes, het…

2 hours Gelede

Vinnige lamskerrie

Vinnige lamskerrie 4 porsies Bestanddele: 1 ui, fyngekap 100 g kerriepasta 1 kg lamsvleis, in…

4 hours Gelede

Kry só jou tuin reg in Julie

Julie: Doen dit in die tuin     1. Snoei rose teen einde Julie of…

4 hours Gelede

Kry weer woema in die winter

As die winter jou vaal en verlep laat voel, is dit tyd vir ’n lekker…

6 hours Gelede

Sagte rogbrood

Bak hierdie lieflike en geurige brood en vul jou huis met die hartverwarmende geur van…

7 hours Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.