Serves:Genoeg vir 20Nutrition facts:200 calories20 grams fat
Ingredients
450 g (3½ k + 1 t) koekmeel
150 g (1 k) versiersuiker
150 g (1 k) mielieblom
500 g botter, in blokkies gesny
10 ml (2 t) vanieljegeursel
strooisuiker om oor te strooi
Instructions
Nog idees:
Mout-en-sjokolade-brosbroodballetjies
1 Vervang ½ k koekmeel deur ½ k mout (soos Horlicks). 2 Rol 1 x 200 g-pak sjokoladeballetjies soos Whispers in brosbrooddeeg toe. Moenie te dik rol nie. 3 Pak op ’n bakplaat en bak soos beskryf. 4 Strooi versiersuiker oor.
Framboosharte
1 Rol een hoeveelheid brosbrooddeeg op ’n skoon, meelbestrooide werkvlak uit en druk sirkels in pare uit. 2 Sit die sirkels op die bakplaat en druk dan in een van die sirkels ’n hart of enige ander vorm uit. Lig die deeg versigtig uit. Bak soos beskryf. 3 Plaas die afgekoelde koekiepare op ’n rak en skep sowat 1 t (5 ml) frambooskonfyt in die middel van elke koekie en sit ’n hartkoekie versigtig bo-op. 4 Druk liggies vas sodat die konfyt die hele hart vul en sif versiersuiker oor. 5 Laat staan die koekies liefs vir nog ’n uursodat die konfyt heerlik kan insak en jou hart smelt.
Brosbroodvingers
1 Kap 80 g geglasuurde gemmer fyn en 100 g donkersjokolade ruweg. 2 Roer dit deur die deeg net voor dit in die yskas geplaas word. 3 Druk die deeg dan styf in die pannetjie en bak soos beskryf.