1. Verhit die oond tot 200°C. Pak die spek op ’n bakplaat en sprinkel met bruinsuiker. Bak vir 7 min. Draai die spek om en bak vir nog 7 min. of tot goudkleurig. 2. Verhit die botter in ’n kastrol oor matige hitte. Voeg die bruinsuiker en room by, roer totdat die suiker opgelos is. 3. Klits die eiers in ’n groot mengbak. Gooi die roommengsel by die eiers terwyl jy meng. 4. Gooi die roommengsel terug in die kastrol en kook oor lae hitte terwyl jy roer. Dit sal dikker word. 5. Voeg die whiskey en vanieljegeursel by en gooi deur ’n sif. Sit in die yskas vir 1 uur of totdat die mengsel afgekoel is. 6. Krummel die spek in die vla en gooi in ’n roomysmasjien. Karring die roomys tot dit dik en romerig en plaas in ’n digsluitende houer in die vrieskas.