kategorieë: KalenderOntspanning

Brooklyn Bubbles terug in Pretoria

Die suksesvolle en hoogs verwagte Brooklyn Bubbles keer in 2017 terug na Pretoria, dié keer uitgestrek oor twee dae – Vrydag en Saturdag (3 & 4 Maart). Die fees sal meer as 20 van Suid-Afrika se beste Méthode Cap Classiques insluit, asook sjampanje wat al die pad uit Frankryk ingevoer is! Vonkelwyne wat getoets sal word sluit in Avondale, Champayne Nicolas Feuillatte, Charles Fox, Domaine des Dieux, Champayne Taittinger, Luc Belaire, Villiera, Montpellier de Tulbagh, Genevieve MCC en Paul Rene.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Musiek, soesji, oesters, charuterie en ’n keuse van plaaslike en ingevoerde kase plaas die kersie op die koek. Dié fees beloof om ’n hoogtepunt op almal se sosiale kalender te wees. Kaartjies vir hierdie BBP (VIP)-gebeurtenis beloop R600 vir die Vrydag en sluit sjampanje en kos in. Saterdag se kaartjies beloop R300 per persoon en sluit toegang tot die fees, ’n komplimentêre proe-glasie en 15 proe-koepons  in.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

• Waar: Brooklyn Mall (In ’n markiestent reg langs Tashas in Veale straat)

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

• Datum: Vrydag (3 Maart) vanaf 18h00 tot 22h00 en Saterdag (4 Maart) vanaf 12h00 tot 17h00

• Besprekings by www.webtickets.co.za

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

• Sosiale media: #BrooklynBubble

Deel
Gepubliseer deur
Michelle Nortje

Onlangse plasings

‘The Mommy Club’ se Johandri: “As dit soos hoërskooldrama voel, hou ek my afstand”

Showmax se gewilde werklikheidsreeks, The Mommy Club: Van die Hoofstad bied ’n vars, maar soms…

3 days Gelede

Nuwe herfsspyskaart by Creation is meer as kos en wyn

Deur Maryke Roberts. Foto’s: Clifford Roberts     Creation het ook pas by die Eat…

3 days Gelede

Koek met sjokolade en souterige karamel

Lewer 1 groot koek   Bestanddele   Karamel met sout 200 g suiker 60 ml…

3 days Gelede

Vyf vrae aan Anna Davel oor Suidoosterfees se ‘Konsert van Hoop’

Die 22ste Suidoosterfees word ingelui deur ’n indrukwekkende konsert van populêre en klassieke musiek. Anna…

3 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met Kristen Raath oor ‘Niggies’ en ma-wees op skerm

Hooffoto: Stavros Cassapis   Sedert die eerste episode van Niggies op kykNET uitgesaai is, het…

3 days Gelede

PAS BEKEND | Nuwe kykNET-reeks verken dramas en intriges van nuuskantoor

Adri Joubert was vir twee dekades die koel, kalm, gerusstellende gesig en stem van die…

3 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.