Die suksesvolle en hoogs verwagte Brooklyn Bubbles keer in 2017 terug na Pretoria, dié keer uitgestrek oor twee dae – Vrydag en Saturdag (3 & 4 Maart). Die fees sal meer as 20 van Suid-Afrika se beste Méthode Cap Classiques insluit, asook sjampanje wat al die pad uit Frankryk ingevoer is! Vonkelwyne wat getoets sal word sluit in Avondale, Champayne Nicolas Feuillatte, Charles Fox, Domaine des Dieux, Champayne Taittinger, Luc Belaire, Villiera, Montpellier de Tulbagh, Genevieve MCC en Paul Rene.
Musiek, soesji, oesters, charuterie en ’n keuse van plaaslike en ingevoerde kase plaas die kersie op die koek. Dié fees beloof om ’n hoogtepunt op almal se sosiale kalender te wees. Kaartjies vir hierdie BBP (VIP)-gebeurtenis beloop R600 vir die Vrydag en sluit sjampanje en kos in. Saterdag se kaartjies beloop R300 per persoon en sluit toegang tot die fees, ’n komplimentêre proe-glasie en 15 proe-koepons in.
• Waar: Brooklyn Mall (In ’n markiestent reg langs Tashas in Veale straat)
• Datum: Vrydag (3 Maart) vanaf 18h00 tot 22h00 en Saterdag (4 Maart) vanaf 12h00 tot 17h00
• Besprekings by www.webtickets.co.za
• Sosiale media: #BrooklynBubble