kategorieë: Kos

Broodslaai met ’n verskil

genoeg vir 6

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Bestanddele

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }
  • 2 heel knoffelknolle
  • 30 ml (2 e) olyfolie
  • 25 g vars gis of 10 g kitsgis
  • 400 ml louwarm water
  • 30 g botter
  • 15 ml (1 e) suiker
  • 10 ml (2 t) sout
  • 600 g (4 k) koekmeel
  • 15 ml (1 e) heel korrelmosterd
  • ’n hand vol pietersielie, gekap

Metode

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Voorverhit die oond tot 180 °C.

  1. Sny die bokant van die knoffelknolle af en sit op ’n bakplaat. Sprinkel die olie oor en rooster vir 35-40 min. of tot die knoffel sag en goudkleurig is. Hou eenkant.
  2. Meng die gis en water in die bak van ’n elektriese menger tot opgelos. Sit die deeghaak aan. Gooi die res van die bestanddele by en meng goed. Knie vir 4-5 min. of tot die deeg glad is.
  3. Sit die deeg in ’n bak wat met olie gesmeer is en maak met kleefplastiek toe. Laat rys die deeg vir 30 min. of tot dubbel die grootte.
  4. Verhoog die oondtemperatuur tot 200 °C. Druk die sagte knoffelhuisies uit die skilletjies en hou eenkant.
  5. Knie die deeg af en rol in ’n reghoek uit op ’n skoon werkvlak wat met meel bestrooi is. Smeer die deeg met die mosterd en strooi die pietersielie oor.
  6. Rangskik die geroosterde knoffelhuisies in die lengte van die deeg.
  7. Rol dit styf op in ’n silindervorm en knyp die twee punte bymekaar om ’n sirkel te vorm. Tel die rol versigtig op ’n bakplaat.
  8. Sny met ’n skerp mes kepe in die silinder – sowat 1 cm uitmekaar. Moenie regdeur die rol sny nie.
  9. Draai die snye horisontaal sodat jy die vulsel kan sien.
  10. Bak vir 25-30 min. of tot goudbruin en krakerig.
  11. Sit met slaaiblare soos roket en babaspinasie, dun gesnyde rooi-ui, kersietamaties en jou gunstelingslaaisous voor.
Deel
Gepubliseer deur
Michelle Nortje

Onlangse plasings

‘Kokkedoor Vuur & Vlam’: Net drie spanne oor ná stormagtige braai-uitdaging

In die 11de episode van Kokkedoor Vuur & Vlam, kykNET se spannende koswerklikheidsreeks, word die…

3 days Gelede

Pak jou somerlinne só weg

Die verandering van somer na herfs beteken dat somer-beddegoed deeglik gestoor moet word tot die…

3 days Gelede

Foute wat jy moet vermy wanneer jy jou slimfoon laai

Deur Jade Rhode   As jy opgemerk het dat jou foon doodgaan na 'n kort…

3 days Gelede

Was jou grimeerkwassies só

Vraag Moet ek my my grimeerkwassies was, en hoe gereeld?  - Tirsa van Staden Lees…

3 days Gelede

‘The Mommy Club’ se Ansu Viljoen: ‘Nie almal is bedoel om in jou binnekring te wees nie’

Showmax se gewilde werklikheidsreeks, The Mommy Club: Van die Hoofstad bied ’n vars, maar soms…

3 days Gelede

Suurlemoen-en-klapper-skywe

Resep deur Vickie de Beer

3 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.