Basiese brooddeeg
Ingredients
- 500 g (4 k) meel
- 10 g (1 pakkie) kitsgis
- 7,5 ml (1½ t) sout
- 375 ml (1½ k) louwarm water
Instructions
1 Meng die meel, gis en sout in ’n groot mengbak.
2 Gooi die water in ’n ander mengbak en meng die helfte van die meel daarby sodat dit ’n slap deeg vorm. Voeg die res van die meel lepel vir lepel by tot dit ’n hanteerbare deeg vorm.
3 Knie die deeg vir sowat 10 min. op ’n meelbestrooide werkvlak tot glad en elasties.
4 Sit die deeg in ’n skoon bak wat liggies met olie gesmeer is. Smeer die deeg ook liggies met olie sodat die bokant nie uitdroog nie. Bedek met ’n doek of kleefplastiek en laat rys tot dubbel die grootte.
Rooi Rose
Lees Meer
Werk so met deeg
16/02/2015
Camembert-en-pesto-broodpasteitjies
20/01/2015