Serves:Genoeg vir 4Nutrition facts:200 calories20 grams fat
Ingredients
Resep deur Vickie de Beer. Foto deur Dawie Verwey
8 snye plaasbrood
45 ml (3 e) sagte botter
250 ml (1 k) cheddarkaas, gerasper
4 snye gypsy-ham
8 eiers
500 ml (2 k) melk
hand vol pietersielie, gekap + ekstra
sout en gemaalde swartpeper
Instructions
Voorverhit die oond tot 160 °C en spuit 4 x 250 ml- (1 k) hittebestande bakkies of bekers met kleefwerende kossproei. 1 Smeer die snye brood met die botter. Strooi kaas oor 4 van die snye brood en sit ’n skyf ham op elk. 2 Bedek met die oorblywende 4 snye om toebroodjies te maak en sny elke broodjie in 4 driehoeke. Verdeel die broodjies tussen die bakkies. 3 Meng die eiers, melk en pietersielie. Geur na smaak. 4 Gooi die eiermengsel oor die broodjies en laat staan vir minstens 3 min. 5 Sit die bakkies in ’n diep oondskottel. Gooi warm water in die skottel sodat die helfte van die bakkie in die water staan. 6 Bak vir 50 min. of tot die eier gestol het. 7 Strooi ekstra pietersielie oor en sit voor.