kategorieë: Leef gesondGesondheid

Bronchostop stel nuwe hoesstroop, Bronchostop Nite, bekend

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Ons was al almal daar: Jy rol tot twee uur die oggend nog rond van ’n hoes wat net nie wil ophou nie.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Of dit jou maat se aanhoudend geproes of jou kind se kommerwekkende hoesbui is; ’n gehoes in die aand ontneem jou nie net van slaap nie, maar steel ook jou gemoedsrus en die energie wat jy nodig het om die dag aan te pak.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Met dit ingedagte, kondig iNova Pharmaceuticals die bekendstelling van ’n nuwe toevoeging tot hul Bronchostop-reeks aan: Bronchostop Nite, wat ’n droë hoes sowel as ’n aandhoes, die vroeë simptome van ’n winterverkoue en ’n laegraadse koors verlig.

’n Hoes in die nag is gewoonlik droog en hou nie op nie. Dit word deur ’n verskeidenheid faktore veroorsaak, soos ’n gewone winterverkoue, griep, allergieë en blootstelling aan dinge in die omgewing wat jou sinusse irriteer.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

’n Hoes in die nag kan ontwrigtend en baie frustrerend wees. ’n Onlangse studie het gewys dat dit een van die algemeenste oorsake vir pasiënte met verkoue of griep is om in die aand van wakker te word. ’n Gehoes kan ’n groot invloed op jou lewensgehalte hê; dit het ’n invloed op jou werksvermoë, slaap en hoe jy deur die dag funksioneer. Om ’n goeie nagrus te kry, help jou liggaam om vinniger te herstel.

Bronchostop Nite bevat ’n unieke kombinasie van natuurlike bestanddele: malvawortel se gedroogde aftreksel, weeblaar-aftreksel en die lemmetjieblom se gedroogde aftreksel. Hierdie bestanddele werk saam om die hoesdrang te verminder en om jou te help om ’n beter nagrus te kry.

Die malvawortel- en weeblaaraftreksels het ’n dik, jellierige vorm wat ’n strelende, beskermende laag in die keel skep om die lokale irritasie te verlig en inflammasie te streel. Die oormatige slym van neusgange kan by die keel afdrup (postnasale drup) om die keel te irriteer en die hoesrefleks te sneller.

As jy deur die nag deur jou mond asemhaal, kan dit jou dehidreer en die keel irriteer wat sensitiwiteit kan verhoog met die gevolg dat jy meer hoes. Bronchostop Nite se bestanddele het bevogtigende eienskappe wat help om vog te herstel en die hoesdrang te verminder.

Die laaste bestanddeel in Bronchostop Nite is die lemmetjieblom se aftreksel wat ’n matige sweetafskeidende effek het. Dit beteken dat dit jou help sweet om matige koorsverkoues te verlig. Die natuurlike bestanddele in Bronchostop Nite help om ’n goeie nagrus te verseker.

Volgens die wêreldbekende mediese navorsingsgroep, Mayo Clinic, is rus een van die belangrikste maniere waarop jou liggaam infeksies beveg. Die ironie is: dit is ook die moeilikste ding om genoeg rus te kry as ’n pasiënte ’n knaende hoes in die aand het. Gelukkig is Bronchostop Nite nou beskikbaar in toongewende apteke oor die land heen.

Bronchostop Nite is geskik vir die hele gesin van die ouderdom van vier jaar af. Dit is in aarbeigeur beskikbaar en kan landwyd by Clicks, Dis-Chem en alle toonaangewende, onafhanklike apteke verkry word. Klik hier om dit nou te koop.

Leer meer oor Bronchostop Nite of die res van die Bronchostop-reeks by www.bronchostop.co.za/

Indien jy aanhou hoes, raadpleeg asseblief jou gesondheidspraktisyn.

Verwysings

1. Bronchostop® Nite- professionele inligting, Mei 2023.

2. Healthline – What’s Causing My Unproductive Dry Cough at Night and How can I Treat it (2019).

3. Phillipson, G; Aspley, S; Fietze, I. Perception of the Importance of Sleep in Common Cold – Two Online Questionnaire-Based Surveys. SN Comprehensive Clinical Medicine (2020) 2:596–605. April 2020.

4. IQVIA. IMS TPM Februarie 2024

5. Assessment Report on TiliaCordata. Doc ID: EMA/HMPC/337067/2011

6. Murgia V et al. Upper Respiratory Tract Infection-Associated Acute Cough and the Urge to Cough: New Insights for Clinical Practice. Pediatr Allergy Immunol Pulmonol. Maart 2020.

7. Sinus and Snoring Specialists – Mouth Breathing can cause a bad nights sleep (2020) by https://www.sinussnoringent.com/blog/snoring/mouth-breathing/mouth-breathing-could-be-causing-your-snoring/#(webwerf op 14 Maart 2024 besoek) 8. NHS – Why do I still have a cough? (2021) by https://mft.nhs.uk/app/uploads/2021/05/Cough.pdf.

9. Everyday Health. Why Your Cough Symptoms Get Worse at Night (2023) by https://www.everydayhealth.com/hs/cold-and-flu-relief/nighttime-cough/ (webwerf op 14 Maart 2024 besoek).

Skeduleringstatus: S0 Eiensdomsnaam en doseringsvorm: Bronchostop® Nite Syrup. Samestelling: Elke 5 ml mondelingse oplossing bevat: 62,5 mg malvawortel se droë uittreksel, 45,5 mg lemmetjieblom se droë uittreksel en 50 mg Ribwort piesangmeelblaar se droë uittreksel. Farmakologiese klassifikasie: Aanvullende medisyne: Dissiplinespesifieke tradisionele eise D33.7 Kombinasieproduk. Hierdie ongeregistreerde medisyne is nie deur die SAHPRA vir hul gehalte, veiligheid of beoogde gebruik getoets nie. Praat met jou gesondheidspraktisyn vir meer inligting. Verdere inligting is op aanvraag by iNova Pharmaceuticals beskikbaar. Naam en besigheidsadres van aansoeker: iNova Pharmaceuticals (Edms) Beperk. Co. Reg. No 1952/001640/07, Rileyweg 15e, Bedfordview. Tel. nr 011 087 0000. www.inovapharma.co.za. IN4791/24

Lees ook: Uitbranding: Alles wat jy moet weet

Deel
Gepubliseer deur
Karlien Meiring

Onlangse plasings

5 maniere om meer selfvertroue te hê

Ons wil almal die soort vrou wees wat ’n kamer binnestap en selfvertroue uitstraal. Gebruik…

14 hours Gelede

‘n Velsorggids vir elke ouderdom

Soos ‘n mens ouer word, raak dit moeiliker om die sigbare tekens van elke verbygaande…

15 hours Gelede

Karamelspringmielies-en-mout-koekies

Gebruik ons resep vir basiese soetkoekies en maak hierdie lieflike karamelspringmielies-en-mout-koekies. Die koekieblik sal nie…

18 hours Gelede

Vanaand op ‘Een keer om die son’

Een keer om die son, volg die lief en leed van een familie oor die…

19 hours Gelede

Suidooster: Vyf stormagtige kinkels wag op kykers in Julie

’n Tornado van drama gaan glo Ruiterbosch, die fiktiewe Kaapse woonbuurt waar Suidooster afspeel, dié…

2 days Gelede

Maklike resepte vir ’n maand

Hierdie gesonde, smaaklike etes is die ideale uitweg vir almal wie se dae te vol…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.