kategorieë: Blogs

Broeke en roompies

Omdat vroue bo en onder die belt verskil van mans, bestaan daar nie werklik ‘n een-grootte-pas-almal-gemaklik as dit by fietse en klere kom nie.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Een van die eerste aankopies na jy jou getroue ryperd gekry het, is ‘n fietsrybroek. Dis voorwaar nie die mees elegante kledingstuk wat jy al gedra het nie, maar ‘n opgestopte fietrybroek is noodsaaklike wapenrusting as jy jou sitvlak vir langer as vyf minute op ‘n fiets wil waag.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Tog is dit hoogs ongemaklik as jy dit vir die eerste keer aantrek. Stel jou ‘n volwasse “Babygro” voor met ‘n ingeboude doek. Ja, en dit doen beslis niks om jou boude slank te laat lyk nie.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

As jy boonop geseën is met volronde kurwes kan die bande, wat net mooi reg oor jou borste druk, joune soosbeskuitbolletjies laat lyk wat dreig om uit die pan te rys. En dis allermins gemaklik.

Ek wil ook nie eers begin vertel watter gedoente dit is as jy sou besluit om vining ‘n draai te loop voor jy wegspring nie. Nou kan jy alles, en ek bedoel alles, uittrek voor jy van die onderstel ontslae is. Daar is niks vining aan so ‘n gedraaiery nie.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Dis hoekom ek so opgewonde was toe ek sien dat die nuwe Cycle Lab Megastore in Lynnwood Ridge, ‘n afdeling net vir vroue het. Dit sou my ook die ideale geleentheid bied om met iemand ‘n indringende gesprek oor “chamois cream” te hê. Buite ‘n opgestopte broek is hierdie roompie blybaar die ander wapen in jou arsenaal om saalsere te verhoed.

Ek het al ‘n paar mense subtiel gevra waar mens die room aansmeer, maar die beste wat ek gekry het was: “Chamois-room word op alle plekke gesmeer waar dit skaaf.” Ek is net nie seker hoe weet jy wáár dit skaaf voor dit nie geskaaf het nie…

Ek was nog nooit langer as vyf ure in die saal nie en vermoed dat ek alle hulp nodig gaan hê vir ‘n trajekren soos dieTransCape wat oor sewe dae strek.

Vrouefietsryklere word met vroue se kurwes in gedagte ontwerp en die kussingedeelte van die broek is ook anders. Boonop is daar selfs broeke op die mark waar dit maklik is om ‘n draai mee te loop. En ons almal weet as jy goed voel in jou klere, gaan jy opgewonde wees om op jou fiets te spring en dit te gebruik.

Daar is ook heelwat fietse waarvan die raam spesiaal vir vroue se kleiner postuur ontwerp is. As dit jou voorneme is om hierdie jaar meer tyd op jou fiets deur te bring, is dit goed om jou klere na te gaan en te kyk of jy gemaklik en mooi voel.

Gooi alles uit wat druk, knyp of verlep lyk. Dis dalk al wat jou daarvan weerhou om elke naweek pret in die saal te hê.
En ja, ek weet nou waar mens die roompie aansmeer.

* As jy uithourenne oor ‘n paar dae doen, doen Assos se fietsrybroeke klaarblyklik dieselfde vir jou sitvlak as ‘n Lazy Boy-stoel tydens ‘n marathon TV-sessie. (Ek sal rapporteer na ek die wedren gedoen het.)

Die kussing-gedeelte voel soos “bubble plastic” en die band loop tussen jou borste eerder an bo-oor. Die band wat in die middel afloop kan ook verstel word met ‘n skuiwer om langer en korter bolywe te pas. Beskikbaar by Cycle Lab Megastore Lynwood Ridge. Sien foto’s onder, geneem by Cycle Lab Megastore Lynwood Ridge

Deel
Gepubliseer deur
Anet Schoeman

Onlangse plasings

Lekker opskiet eet-ervaring by Vergelegen

Deur Maryke Roberts. Foto’s: Clifford Roberts en Vergelegen Die historiese landgoed, Vergelegen op Somerset-Wes, het…

20 mins Gelede

Vinnige lamskerrie

Vinnige lamskerrie 4 porsies Bestanddele: 1 ui, fyngekap 100 g kerriepasta 1 kg lamsvleis, in…

2 hours Gelede

Kry só jou tuin reg in Julie

Julie: Doen dit in die tuin     1. Snoei rose teen einde Julie of…

3 hours Gelede

Kry weer woema in die winter

As die winter jou vaal en verlep laat voel, is dit tyd vir ’n lekker…

5 hours Gelede

Sagte rogbrood

Bak hierdie lieflike en geurige brood en vul jou huis met die hartverwarmende geur van…

5 hours Gelede

5 maniere om meer selfvertroue te hê

Ons wil almal die soort vrou wees wat ’n kamer binnestap en selfvertroue uitstraal. Gebruik…

23 hours Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.