kategorieë: Nuut & NouKos

Briljante “brunch”-idees

Brunch was nog altyd ’n gunsteling, maar deesdae is dit ook ’n groot gier. Soms raak ’n mens egter verveeld met spek en eiers en daarom het ons vir jou ’n paar resepte versamel om jou volgende ete briljant te maak.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Anderste eiers

Ons weet jy kan ’n eier bak, maar brunch is die ideale geleentheid om meer daarvan te maak.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Maak hierdie Turkse ontbyt en verbeel jou jy is iewers op die Mediterreense kuslyn.

Ons romerige eiergebak is ideaal vir ’n koue oggend.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Meng middag en oggend deur ons warm spek-en-eierslaai te maak.

Almal se staatmaker is die eierbroodjie – ons wys jou hoe om die perfekte een te maak.

As jy werklik ’n spesiale brunch wil hê, probeer ons truffelroereiers.

Skotse piekniekeiers is wonderlik vir ’n buitelugete.

Probeer hierdie eiers gevul met aspersies en bloukaas vir iets heeltemal anders.

Romerige eiers met botterige roosterbrood is maklik om te maak – perfek as die kleinspan jou wil help.

Probeer ander smake as cheddar en sampioene in ’n omelet, soos hierdie omelet met pruime en camembert

Terte en quiches

Hierdie Mediterreense groentetert proe na sonskyn en is boonop vegetaries.

Hierdie pampoentert kan sout of soet voorberei word.

Hierdie groentetertjies kan in afsonderlike porsies voorberei word en kan met enige groente gevul word.

Gebak

Hierdie karringmelkmuffins en botterbroodjies is heerlike staatmakers. As jy lus is vir iets anders, probeer hierdie framboosbotterbroodjies. Probeer ook die muffins wat geen gluten bevat nie.

Probeer hierdie glutenvrye amandel en jogurtplaatkoekies as jy gluten-onverdraagsame of laekoolhidraat-gaste het.

Hierdie quiches is laekoolhidraat en heerlik.

Loer ook na ons vyf gunsteling lae-koolhidraatresepte vir gebak.

Die pampoen in hierdie brood kan vervang word met ander groente vir ’n southappie.

Broodjies, wraps en tortillas

Jy kan maklik ook broodjies, wraps of tortillas voorsit saam met ’n verskeidenheid vulsels sodat jou gaste hul eie kombinasies kan maak.

Probeer hierdie laekoolhidraat-wraps

Hoekom maak jy nie soetpatats-tortillas nie?

Wat van pannekoeke met vulsels?

Bagels is die perfekte brunchkos.

Gebraaide sampioene is ’n maklike en heerlike opsie om op ’n broodjie te sit (ons stel ciabatta voor).

Hier is ’n toebroodjiesous en idees vir toebroodjievulsels.

Natuurlik kan jy alreeds self die broodjies se vulsels bysit en dan kan jou gaste soveel snye neem as wat hulle wil, soos hierdie mozzarella-ciabatta.

Gemakskos soos hierdie calzone is ook heerlik vir brunch.

Vir die soettande is hierdie ontbytpannekoeke met karamelpiesangs of hierdie eier- en glutenvrye pannekoeke met karamelappels die antwoord.

Om te drink

Natuurlik is tee, koffie, vrugtesap of selfs vonkelwyn ’n goeie opsie, maar hier deel ons ’n paar ander opsies.

Probeer hierdie beet en bessie gladdejantjie wat jou immuunstelsel ’n hupstoot sal gee.

Hierdie tropiese klappergladdejantjie proe na somervakansie.

As jy liewer is vir groente, probeer hierdie wortelgladdejantjie.

Hierdie kersiegladdejantjie sal ’n goeie skeut varsheid by jou brunch bring.

Probeer ons vyf gunsteling groentesappe wat goeie kompetisie bied vir vrugtesap.

Souse en smere

Dis die details wat belangrik is. Die details, wanneer ons oor brunch praat, is die souse en smere. Probeer hierdie resepte vir die beste brunchbykomstighede.

Botter net so is reeds lieflik op ’n dik sny varsgebakte brood, maar probeer hierdie gegeurde botters volgende keer.

Geen geposjeerde eiers kan tot hul reg kom sonder ’n hollandaise-sous nie (en glo ons, dis makliker om te maak as wat jy dink).

Maak jou eie neutbotter om op brode of pannekoeke te smeer.

Maak jou eie mayonnaise – met ’n kinkel!

Pesto is die is maklik om te maak en heerlik op varsgebakte brood.

Probeer ook

Hoekom sit jy nie melkkos voor vir brunch nie? Dit sal heerlik wees vir ’n yskoue of reënerige dag.

Maak hierdie mueslistafies vir ’n lekker happie aan die einde van die brunch.

Hierdie heuninghawermoutskerwe met vrugte is ’n goeie opsie vir ’n ligter brunch.

Deel
Gepubliseer deur
Catherine Schenck

Onlangse plasings

‘Kokkedoor Vuur & Vlam’: Net drie spanne oor ná stormagtige braai-uitdaging

In die 11de episode van Kokkedoor Vuur & Vlam, kykNET se spannende koswerklikheidsreeks, word die…

3 days Gelede

Pak jou somerlinne só weg

Die verandering van somer na herfs beteken dat somer-beddegoed deeglik gestoor moet word tot die…

4 days Gelede

Foute wat jy moet vermy wanneer jy jou slimfoon laai

Deur Jade Rhode   As jy opgemerk het dat jou foon doodgaan na 'n kort…

4 days Gelede

Was jou grimeerkwassies só

Vraag Moet ek my my grimeerkwassies was, en hoe gereeld?  - Tirsa van Staden Lees…

4 days Gelede

‘The Mommy Club’ se Ansu Viljoen: ‘Nie almal is bedoel om in jou binnekring te wees nie’

Showmax se gewilde werklikheidsreeks, The Mommy Club: Van die Hoofstad bied ’n vars, maar soms…

4 days Gelede

Suurlemoen-en-klapper-skywe

Resep deur Vickie de Beer

4 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.