Benodighede
- 10 mm dik perspex: gesny tot verlangde grootte (ons s’n is 30 cm x 11 cm)
- 2 kramboute (U-bolts)
- 8 moere
- 2 vere
Maak so
1 Bepaal die posisie van die kramboute en merk en boor 4 gate.
2 Begin by een sy en draai 2 moere tot bo aan elke punt van die krambout. Sit ’n veer aan elke punt, druk deur die geboorde gate en hou in posisie met ’n moer aan elke punt aan die onderkant. Herhaal met die ander sy.