kategorieë: Ons menseBekendes

Brendan Peyper maak sý perde los!

Brendan Peyper maak sý perde los! deur Zoë Salzwedel. Hooffoto: Verskaf.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Brendan Peyper is geen vreemdeling in die musiekbedryf nie, en dis heel duidelik waarom hy een van Suid-Afrika se gewildste musikante is: hy het die lyf, die talent én die Colgate-glimlag! Sy eerste album, Stop Wag Bly Nog ʼn Bietjie, is in 2015 uitgereik en sy opvolgalbum, Hy Loop Oop, het in 2017 die lig gesien. Vandag spog hy met meer as 124 000 volgelinge op sy Instagram-profiel, en duisende lojale aanhangers wat gereeld sy konserte bywoon. Brendan is ook in 2016 vir ’n SAMA- en ’n GHOEMA-toekenning benoem vir sy album Stop Wag Bly Nog ’n Bietjie.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Die talentvolle Brendan maak beslis ons knieë lam! En daarom het ons het besluit om te gaan hoor waarmee hy hom deesdae besig hou. En is ons is mal oor dit wat ons hoor. Jammer dames, dié blouoog-plaasseun is ongelukkig gevat!

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Vertel vir ons ’n bietjie van 2018!

My 2018 was ’n ongelooflike reis – van die Buddy Holly Show en die Tropika Island of Treasure wat ons gewen het tot Innibos, Krone 5 en al die ander wonderlike geleenthede wat oor my pad gekom het – dit was ’n groot voorreg om saam met goeie mense in dié bedryf te werk.

Ek sou niks van 2018 wou verander nie.

Som vir ons jou 2018 in een sin op.

’n Jaar vol van groot mylpale en hope lesse.

Wat het jy alles in die Desembervakansie gedoen?

Ek het glad nie Desember op vakansie gegaan nie omdat ons Desember op toer was. Ek het wel in Januarie in Oostenryk gaan ski saam met Zanelle Viljoen en haar familievriende. Dit was asemrowend!

Vertel vir ons van jou planne vir 2019. Is daar miskien ’n nuwe album op die horison? Kan ons dalk uitsien na enige groot optredes?

Ek sien baie uit na die Krone 6-konsert. Dit is die grootste saamsing-jol in die Suidelike Halfrond!

Daar is vir seker ’n nuwe album op die horison en ek sien ook uit na die hele produksie- en kreatiewe proses. Ek is ook opgewonde oor my optrede in Italië, en toer na Australië saam met van ons land se grootste musieksterre.

Ek sien vreeslik baie uit na 2019!

Het jy enige doelwitte vir die nuwe jaar gestel?

Om die beste weergawe van myself en die man wat God my gemaak het, te wees – ek wil die mense rondom my inspireer en deur my musiek ander se lewe verander.

Jou jongste enkelsnit Maak Die Perde Los staan reeds op 44 000 views op YouTube. Wat is die inspirasie vir dié liedjie?

Die perde verwys na die mens binne-in jou – die mense wat jy dalk toegooi onder lewenservaringe en dalk te bang is om aan die wêreld bekend te stel. Maak daardie perde los en lewe jou lewe voluit as die mens wat jy graag wil wees.

Kyk gerus hier na die musiekvideo vir Maak Die Perde Los:

Ons brand natuurlik van nuuskierigheid oor die meisie in jou lewe, Zanelle Viljoen. Vertel vir ons van jul verhouding.

Ons het oor die foon begin gesels en besluit om saam te kuier, toe reël ons ’n braai. Ek en Zanelle het eenvoudig dádelik ’n konneksie gehad! Haar glimlag het eerste my oog gevang. Ons kan saam lag oor die simpelste goed en sy verstaan my. Ek verstaan haar ook (wel, soms. Haha!).

Ons kan nie genoeg kry van Trompie nie! (Soos ons verstaan, is hy boonop ʼn Valentynsdaggeskenk van Zanelle af.) Wat maak hom so spesiaal vir jou? En wat geniet jy die meeste van sy “geselskap”?

Trompie is my regterhand en my seun. As hy nie by my is nie voel dit letterlik asof ek onvolmaak is. Hy is die dierbaarste klein bondeltjie liefde en ek is bevoorreg om hom in my lewe te hê.

Vertel vir ons van jou ski-vakansie in Shladming (Oostenryk) saam met Zanelle. Sou jy sê dat ski maklik of moeilik is?

Dit is baie lekker om te ski, ek het nooit gedink dat ek dit sal geniet nie maar dit was fantasties! Die eerste twee dae was aanvanklik ’n gesukkel maar teen die derde dag het ons goed begin regkom.

Wat is vir jou die lekkerste, en die slegste deel daarvan om ’n kunstenaar in die musiekbedryf te wees?

Die lekkerste deel is beslis om te doen waarvoor jy lief is en ’n passie het, en dit dan boonop as ’n beroep te geniet.

Die slegste deel is egter dat dit dikwels van jou vereis om stil te bly oor goed wat ander van jou sê en oor jou lewe spreek. En die feit dat jy soms moet voorgee en ’n “masker” opsit voor mense sodat jy aanvaar kan word.

Het jy enige raad vir jong musikante wat dalk ook graag eendag in dié bedryf sukses wil behaal?

Doen dít waarin jy glo en moenie dat ander jou voorskryf of vir jou teëspoed veroorsaak nie. As een persoon dit al voorheen kon doen, beteken dit dat dit menslik moontlik is. So gaan uit en klim jou Everest!

En laaste, as jy jouself in drie woorde moes beskryf, wat sou dit wees en hoekom?

Doelgerig. Passievol. Liefdevol.

Foto: Verskaf

Hou jy van wat jy sien? Volg gerus vir Brendan op sosiale media: Instagram, facebook en twitter

Deel
Gepubliseer deur
Catherine Schenck

Onlangse plasings

Stel die verbruiker se ervaring eerste! MSI se reis van 20 jaar om ’n ryk van skootrekenaars te bou

’n Nalatenskap wat daarop gebou is om hul verbruikers te verstaan  Oor die afgelope 20…

8 hours Gelede

Het jy wat dit vat vir ‘Die brug’ se tweede seisoen?

Iewers op ’n eiland met ’n toring staan nog ’n skatkis wat R1 miljoen kontant…

14 hours Gelede

Smelt-in-die-mond-koekies

Maak 30 koekies • 500 ml (2 k) koekmeel • 80 ml (1⁄3 k) kakao…

15 hours Gelede

Geurige tamatie-en-wors-gebak

Geurige tamatie-en-wors-gebak. Resep deur Vickie de Beer   Lees ook: Geurige worsies met sampioene en…

15 hours Gelede

Gebakte Carbonara

Vir hierdie heerlike gebakte Carbonara druk jy die blokkies mozzarella tussen die pennepasta in! Resep…

15 hours Gelede

Ribollita

Ribollita is ’n Toskaanse sopbredie. Dit word soos ’n sop gemaak maar is so lekker…

16 hours Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.