kategorieë: Leef gesondGesondheid

Jou brein is wyer as die hemelruim! Irene Fischer vertel

Jou brein is wyer as die hemelruim! Irene Fischer vertel – deur Irene Fischer, versorg deur Salomé Delport. Hooffoto: iStock/Natali_Mis

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Irene Fischer is ’n oud-joernalis en radio-omroeper. Sy is tans ‘n motiveringspreker en die segspersoon vir die organisasie sonder winsoogmerk, Brainlife, wat breinbeseringsoorlewendes ondersteun en aanmoedig deur middel van berading, kuns- en musiekterapie en ontwikkeling van vaardighede. Sy is ook die skrywer van ’n nie-fiksie memoir, Ek is Nog Hier. Besoek Irene se webtuiste om meer te wete te kom oor breinbeserings www.irenefischer.co.za

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Lees ook: 5 dinge wat jy moet weet oor breinbeserings

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Jou brein is wyer as die hemelruim!

Die brein is soos ’n delikate, pienk spons. Dit kan ’n ongelooflike hoeveelheid inligting absorbeer en onthou. Dink net aan al die memories van skoolpouses en familievakansies; die verskillende name van speelgoed en plantsoorte en strokiesprente; die kleur van insekte; die eiesoortige geluide wat verskillende diere maak; titels van boeke en rolprente; die woorde van liedjies; menings oor onderwerpe wat wissel van seksualiteit tot haarstyle, tatoes tot godsdiens…

Lees ook: ’n Tweede kans na ’n breinbesering

Al die bogenoemde word netjies verpak en gestoor in jou brein wat skaars 1,5 kg weeg en na raming 60% uit vet bestaan. Die geheim (en magic) van die mens se intelligensie lê opgesluit in die 100 miljard neurone wat amper soos ’n elegante krappatroon deur die water en vet vleg om gestalte te gee aan onder meer jou persoonlikheid, gedrag, gesigsuitdrukkings, spraak, sig, gehoor en so meer.

As jy werklik notas moet maak van alles wat in die koffers in jou brein skuil, sal jy gou agterkom jou brein is so groot soos die hemelruim – eindeloos!

Lees ook: 8 maklike breinoefeninge wat vir almal werk

Jou brein is wyer as die hemelruim! Irene Fischer vertel.  iStock/bulentgultek

En daarby is hy duidelik in beheer van alles. Soos daardie oogknip wat jy nou net gegee het? Dit was jou brein se besluit. Jou bolip wat jeuk en wat jy instinktief wil krap, is ook jou brein wat regeer. Net soos daardie muskiet wat jy hoor zoem, die spoeg wat jy kort-kort moeiteloos afsluk en hierdie woorde wat jy voor jou sien en moeiteloos lees.

Ál jou waarnemings, reaksies en koördinasie word beheer deur die baie gesofistikeerde en ingewikkelde netwerk neurone waaruit jou brein bestaan. Hulle ontvang die inligting wat jou sintuie en senuweepunte en proprioreseptors opvang uit jou omgewing, dit verwerk en beveel dan jou liggaam om die nodige aksies uit te voer … wat soms logies, soms onverwags en soms onverskillig kan wees!

Jou brein is egter sό ragfyn ontwerp dat dit ongelukkig ook so maklik soos spookasem uitmekaar kan skeur. As die brein breek, kan sommige van die funksies wat inligting oordra sodat opdragte flink uitgevoer kan word, in die proses beskadig word. Dit is hoekom jou brein beskerm word met ’n helm van been.

Lees ook: My kind het byna verdrink …

Jou brein is wyer as die hemelruim! Irene Fischer vertel. iStock/Mehmet Şeşen

Ek sal weet, want my helm het gekraak van my een oor reg rondom my agterkop tot by my ander oor. Ek was 26 jaar oud toe ek ’n traumatiese breinbesering opgedoen het, ná ’n vragmotor ’n rooi verkeerslig verontagsaam het en my in my peetjie in gestuur het.

Die impak waarmee die trok my motor getref het, het my heen en weer laat ricochet in my sitplek, wat my brein soos ’n stampkarretjie teen die growwe binnekant van my skedel laat bots het. Heen en weer, heen en weer, totdat dit tot stilstand gekom het. En toe was hy voos en bloederig. En stukkend.

Lees ook: Wat om te doen as jy in ’n motorongeluk beland

As iemand my op 25 of 22 of op 16 vertel het dat ek op die ouderdom van 26 breinskade sou opdoen, sou ek gesnork het van die lag. Dit gebeur mos net met ander mense. Nou besef ek ons vertel onsself instinktief hierdie soort leuens sodat ons nie paranoïes raak oor alles wat kan skeef loop nie.

Jou brein is wyer as die hemelruim! Irene Fischer vertel. iStock/filo

Meer inligting oor breinbeserings

Enige mens het waardevolle inligting nodig om jou te beskerm teen die ongenaakbaarheid en onvoorspelbaarheid van die lewe nadat jy of ’n geliefde ’n breinbesering opgedoen het; iets wat jou kan help oorleef wanneer jy in so ’n krisis gedompel word. Iets konkreets wat jou kan help anker wanneer jou lewe soos ’n woer-woer begin spin.

Sulke hulp was my ouers en suster nie beskore in 2009 toe ek my ongeluk gehad het nie. Daar is steeds bitter min inligting oor breinbeserings beskikbaar. Daarom het ek besluit om iets daadwerkliks te probeer doen aan dié massiewe kennisgaping.

Deels daarom skryf ek nou vir jou my storie. Lees my volgende artikel hier.

Deel
Gepubliseer deur
Salome Delport

Onlangse plasings

Stel die verbruiker se ervaring eerste! MSI se reis van 20 jaar om ’n ryk van skootrekenaars te bou

’n Nalatenskap wat daarop gebou is om hul verbruikers te verstaan  Oor die afgelope 20…

1 hour Gelede

Het jy wat dit vat vir ‘Die brug’ se tweede seisoen?

Iewers op ’n eiland met ’n toring staan nog ’n skatkis wat R1 miljoen kontant…

7 hours Gelede

Smelt-in-die-mond-koekies

Maak 30 koekies • 500 ml (2 k) koekmeel • 80 ml (1⁄3 k) kakao…

8 hours Gelede

Geurige tamatie-en-wors-gebak

Geurige tamatie-en-wors-gebak. Resep deur Vickie de Beer   Lees ook: Geurige worsies met sampioene en…

9 hours Gelede

Gebakte Carbonara

Vir hierdie heerlike gebakte Carbonara druk jy die blokkies mozzarella tussen die pennepasta in! Resep…

9 hours Gelede

Ribollita

Ribollita is ’n Toskaanse sopbredie. Dit word soos ’n sop gemaak maar is so lekker…

9 hours Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.