5 dinge wat jy moet weet oor breinbeserings deur Irene Fischer. Versorg deur Salomé Delport. Hooffoto: iStock/TanyaJoy
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }
Irene Fischer is ’n voormalige joernalis en radio omroeper. Sy is tans ‘n motiveringspreker en die segspersoon vir die organisasie Brainlife, ‘n organisasie sonder winsoogmerk wat mense met breinbeserings ondersteun en aanmoedig deur middel van berading, kuns- en musiekterapie en die ontwikkeling van vaardighede.
Sy is die skrywer van Ek is Nog Hier, ’n memoir oor haar lewe waarin sy vertel van haar pad na herstel ná ’n traumatiese breinbesering. Daarin deel sy ook alles wat sy geleer het oor die lewe na ’n breinbesering.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }
‘n Breinbesering na ‘n ongeluk en die skade wat daarmee gepaard gaan, kan ongelooflik uiteenlopende en verreikende gevolge hê, van drastiese persoonlikheidsveranderinge, onverwagse woede-uitbarstings tot impulsiewe gedrag, kognitiewe gestremdhede, gebrek aan logika en insig, spraakgebreke en selfs hemiplegie (verlamming of gedeeltelike swakheid aan een helfte van die liggaam) of paraplegie (waar altwee kante van die liggaam verswak of verlam is).
Die onvoorspelbaarheid van die lewe is ‘n blote feit. ’n Breinbesering kan met enige iemand gebeur – ma’s, pa’s, kinders, grootouers. Kan jy jouself indink hoe ingrypend die gevolge is as die rol van die hoofverdiener van die huishouding of die hart van die gesin onherroeplik verander weens ’n breinbesering? Jy behoort nou te verstaan hoekom dit nodig is om soveel as moontlik mense oor breinbeserings in te lig.
Na raming is daar elke jaar 100 000 beroertes in Suid Afrika. 100 000! Dis bitter, bitter baie! Dan is daar ook nog elke jaar ongeveer 90 000 nuwe gevalle van traumatiese breinbeserings, weens motorongelukke, skietwonde aan die kop, aanrandings, mynongelukke en ander soortgelyke gebeure. Voeg daarby mediese toestande soos aneurismes, breingewasse en al die vorme van demensie.
Breinbesering is boonop die hoofoorsaak van gestremdhede in Suid Afrika. Met so ’n magdom moontlike oorsake van breinbesering is daar na raming 4 miljoen mense in Suid Afrika wat met die traumatiese nagevolge en gestremdhede van ’n breinbesering saamleef.
Ongeag die verbysterende getalle word dit steeds die stille epidemie genoem, weens die gebrek aan bewustheid onder die publiek.
Daarom voel ek dit is my verantwoordelikheid om soveel mense as moontlik in te lig omtrent breinbeserings en hoe dit voel om daarmee saam te leef. Ek dink ook dit is ons almal se verantwoordelikheid om deel te word van bewusmaking rondom hierdie verswëe kwessie, omdat dit die beste manier is om ’n meer diverse, geïntegreerde samelewing te bou waarin ons almal breinbeseerdes beter verstaan.
Hoe is jy bewus? Hoe help jy? Wees maar net bedagsaam en vriendelik. Gee om. Dit kos mos niks, of hoe?
Breinbeseerdes is ook net mense. Praat gerus maar net met ons, reik uit, ons smag daarna om ook raakgesien te word!
1 Moenie die ongemaklike onderwerp van breinbeseerdheid ignoreer of mense met gestremdhede vermy nie
Ja, soos ek tevore genoem het kan ’n breinbesering tot persoonlikheidsveranderings aanleiding gee wat kan wissel van onverwagse woede-uitbarstings tot bisarre of impulsiewe gedrag, kognitiewe gestremdhede, gebrek aan logika en insig en spraakgebreke en selfs verlamming of gedeeltelike swakheid. Maar ons wat so gestremd is, is steeds mense wat erkenning vra. Élke mens verdien dit om met respek en begrip behandel te word.
2 Gesels maar net oor die gewone dinge
Almal van ons – gestremd of nie – word bang, raak honger, lag, huil, word kwaad, maak foute. Ons het almal ’n hart én ’n brein. Ongeag taal, ras, geloof, seksualiteit of ouderdom, snak ons almal soms na ons asem, hetsy weens opwinding of vrees. Ons beleef ook die gewone dingetjies. Gesels met ons daaroor. Ons het ook ’n brein – en ons kan reageer!
3 Kyk verbý die uiterlike
Ek wil dit soms sommer uitgil dat ons almal – of jy nou ’n soepel akrobaat of ’n opgefrommelde kaartmannetjie is – steeds ménse met gevoelens bly. Ons almal se bloed is rooi. Die liggaam – joune en myne – is soos ’n ruimtepak waarmee jy die planeet aarde besoek. Dis net tydelik. Dis nie belangrik hoe dit lyk nie want jy gaan dit nie vir ewig nodig hê nie. Dit is net ’n oorpak wat toegerus is met toebehore wat jy kan gebruik om te oorleef en wat jou dalk kan help om ’n verskil te maak. My lyf is net ’n dop – joune ook. Kyk verby my gestremdheid en sien mý raak.
4 Vergeet van al die etikette en die titels
Of dit nou ’n dokter, priester, professor, onderwyser of gestremde is … sien die méns raak.
5 Onthou, ons neem almal deel aan die lewe
Nie een van ons is net ’n toeskouer wat geen aandeel het in wat elke dag met ons gebeur nie. Jy is dalk nie altyd volledig in beheer van wat met jou gebeur nie, maar jy is in beheer van jou gedagtes, jou emosies, jou woorde en jou aksies – ook van hoe jy reageer na enige ontstellende of uitdagende gebeurtenis.
Dit hang van jóú af wat jy maak met wat aan jou gegee is, niemand anders nie. Jy is baie meer as bloot iemand se marionet te wees. Jy het ’n brein – gestrem of nie gestrem nie. Gebruik dit!
Lees ook:Snork is oukei, maar wat van Slaapapnee?
Kan my kat of hond ook Alzheimersiekte kry? Dis wat jy moet weet oor "canine…
Sodra jy dink jy het al die voorskrifte onder die knie, hoor jy daar is…
Het jy geweet jou baba of peuter moet letterlik leer om sintuiglike inligting te filtreer…
Genoeg vir 6 Bestanddele 625 ml (2½ k) tee-en-vrugtesap 30 ml (2 e) gelatienpoeier…
Buiten vir sy uitsonderlike talent as musikant en liedjieskrywer, is Len Muller ook bekend as…
Hierdie webwerf gebruik koekies.