Mussie
Grootte
Pas vir 0 – 2 jaar
Benodigdhede
• 4 draad katoengare
• (X1) 50 g/item
Spanning
30 steke en 38 rye tot 10 cm oor koussteek (ks) met die gebruik van 2.75 mm naalde
Afkortings
sentimeter (cm), voortgaan (vg), verminder (vm), vermeerder (vmr), brei (b), aweregssteek (AW), “pass slipped stitch over” (psso), herhaal (h), oorbly (oo), regte kant (RK), glip (gl), steek (st), steke (ste), koussteek (ks), deur agter lus (dal), saam (sm), gare vorentoe (gv), gare oor naald (gon), verkeerde kant (vk)
Aanwysings
• Met 2.75 naalde, sit 97 (112:127) ste op en werk soos volg:
1ste ry (RK) B1, gv, * b5, glip die 2de, 3de, 4de en 5de ste oor die eerste st, b1, gv; h vanaf *tot die laaste st, b1. 2de ry AW1, * [AW1, gon, b1 dal] alles tot in die volgende st, AW1; h vanaf * tot die einde. 81(93:105) ste. 3de ry B en vm 1 st aan die einde van die ry. 80(92:101) ste. 4de, 5de en 6de rye B1, * AW1, gon, b2sm; h vanaf * tot laaste st, k1. VG in reksteek tot die mussie 8.5(10:11.5)cm meet.
Vorm boonste gedeelte
• VG in reksteek en vorm boonste gedeelte as volg:
Volgende ry B1, [b2sm, b8] tot einde van die ry. 73(82:91) ste. B 3 rye. Vlg ry B1, [b2sm, b7] tot einde van die ry. 65(73:81) ste. B 3 rye. Vlg ry B1, [b2sm, b5] tot einde van die ry. 49(55:61) ste. B 3 rye. Vlg ry B1, [b2sm, b4] tot einde van die ry. 41(46:51) ste. B 1 ry. Vlg ry B1, [b2sm, b3] tot einde van die ry. 33(37:41) ste. Werk een ry reguit. Vlg ry B1, [b2cm, b1] tot einde van die ry. 17(19:21) ste. Vlg ry B1, [b2sm] tot einde van die ry. 9(10:11) ste. Knip gare sodat daar lang stringe oorbly. Ryg deur oorblywende ste, trek dit op en maak seker dit is stewig.
Blom op mussie
Met 2.75mm naalde, sit 49ste op. 1ste ry (VK) a. 2de ry B1 * gon, b1, gl 1, b2sm, psso, b1, gon, b1; h vanaf * tot einde van die ry. H die laaste twee rye nog twee keer. Vlg ry a. Vlg ry [AW2sm] tot laaste st, a1. 25 ste. Vlg ry [B2sm] tot laaste st, B1. 13 ste. Knip gare en ryg deur die oorblywende ste. Trek en maak seker dit is stewig.
Ter afsluiting
Werk blom sorgvuldig aan mussie vas.
Skoentjies
Grootte
Pas vir 0-3 maande baba’s
Benodigdhede
• 4 draad katoengare
• (X1) 50g/item
Spanning
30 steke en 38 rye tot 10 cm vierkant oor stocking-stitch.
2.75 mm naalde
Afkortings
Brei (b), steek (st), steke (ste), regte kant (RK), gare oor naald (gon), verkeerde kant (VK), glip (gl), saam (sm), aweregssteek (AW)
Aanwysings
• Linkerskoen
Gebruik gare deur dit dubbeld te hou en sit 50 (58:66) ste op. Sny een sliert gare en gebruik ’n enkel gaar om 3 rye te brei.
Vlg ry: B1 * AW1, gon (om ’n ste te maak), b1. Herhaal vanaf * tot laaste st, b1. 74 (86:98) ste.
Vlg ry: B1, * AW1, gon, b2sm. Herhaal vanaf * tot laaste st, b1.
Herhaal laaste ry 2 (4:4) keer .
Vlg ry: B2, * AW1, b2sm vanaf * tot einde van die ry. 50(58:66) ste
Gaan voort in reksteek (b elke ry) as volg:
Vlg ry: B20 (24:28), b2sm, b6, b2sm, b20 (24:28). 48 (56:64) ste
Vlg ry: B19 (23:27), b2sm, b6, b2sm, b19 (23:27). 46 (54:62) ste
Vlg ry: B18 (22:26), b2sm, b6, b2sm, b18 (22:26). 44 (52:60) ste
Vlg ry: B17 (21:25), b2sm, b6, b2sm, b17 (21:25). 42 (50:58) ste
Vlg ry: B16 (20:24), b2sm, b6, b2sm, b16 (20:24). 40 (48:56) ste
Vlg ry: B15 (19:23), b2sm, b6, b2sm, b15 (19:23). 38 (46:54) ste
Vlg ry: B14 (18:22), b2sm, b6, b2sm, b14 (18:22). 36 (44:52) ste. **
Vlg ry: B10 (12:14)ste, draai en los oorblywende ste op ’n spaar naald
Brei 3 rye en werk dit af. Verenig gare van oorblywende steke, werk af 16 (20:24) ste, werk af 12 (14:16) ste, b tot die einde van die ry. 22(26:30) ste.
Vlg ry (ry waar ’n knoopgaatjie gemaak kan word): B tot 3 ste oorbly, gare vorentoe, b2sm, b1. Brei 2 rye en werk af.
• Regterskoen
Werk soos “Linkerskoen” tot en met die **.
Vlg ry: B10 (12:14) ste, draai en los oorblywende 26 (32:38) ste op ’n spaar naald.
Vlg ry: Tel 12 (14:16) ste op en b tot die einde van die ry.22(26:30) ste
B 1 ry.
Vlg ry: B tot laaste 3 ste, gare vorentoe, b2sm, b1.
B 3 rye en werk af.
• Skoensole
Gebruik gare heeltyd dubbeld. Sit 8 ste op.
B 4 rye.
Gaan voort in reksteek (b elke ry), asook 1 st aan die einde van elke ry. 10 ste
Werk 4 (6:8) rye.
Verminder 1 st aan die einde van elke volgende ry. 8 ste
Werk 6 (7:8) rye.
Verminder 1 st aan die einde van elke volgende ry. 10 ste
Werk 4 (6:8) rye.
Verminder 1 st aan die einde van elke volgende ry. 12 ste
Werk 4 rye.
Verminder 1 st aan die einde van die volgende 3 rye.
Werk dit af.
Ter afsluiting
Werk die sool aan die skoengedeelte vas en werk enige oorblywende gare vas. Sit knopies aan vir die bande van die skoene.
Driehoekige borslappies
Grootte
Pas vir 3 – 9 maande
Benodigdhede
• Dubbeldraad katoengare
• (X1) 50 g/item
Spanning
24 steke en 38 rye met 3mm naalde = 4”/10 cm in Reksteek steke (brei alle rye)
Afkortings
Brei (b), steek (st), steke (ste), regte kant (RK), gare oor (go), verkeerde kant (VK), glip (gl), saam (sm)
Aanwysings
• Borslappie
Sit 3 ste op. Ry 1 (VK): b. Ry 2 (RK): b1, go, b tot laaste st, go, b1. 5ste. Herhaal rye 1-2 tot daar 47 ste is. B nog een ry. Vlg ry (RK): b1, go, b14, laat 17 gaan en b tot laaste st. Go, b1. 16 ste vir elke band bly oor.
• Regterband (ste vir linker band bly op spaar naald)
Ry 1, b. Ry 2, b1, gl 1, b2sm, pass slip stitch over, b tot laaste st, go, b1. Herhaal rye 1-2 tot 12 ste oorbly. Ry 4, b. Ry 5, b1, gl 1, b1, pass slip over, b tot die einde. Herhaal rye 4-5 tot 7 ste oorbly. Gaan voort in reksteek vir 33 rye (of tot gekiesde lengte) en eindig af.
• Linkerband
Ry 1 (VK), b. Ry 2, b1, go, b tot 4 steke oorbly, b3sm, b1. Herhaal rye 1-2 tot 12 ste oorbly. Ry 4 ,b. Ry 5, b tot 3 ste oorbly, b2sm, b1. Herhaal rye 4-5 tot 7 ste oorbly. Gaan voort vir 33 rye (of tot gekiesde lengte) en eindig af.
Ter afsluiting
Gebruik Velcro, of knope, aan die eindpunte van die band om sodoende die borslappie te kan vas maak.