Basiese benodigdhede
- Skêr
- Groot stomppuntnaald
- Gewone naaldwerknaalde
- Naaldwerkmasjien
- Garing
Afkortings
Afkortings geld al die patrone
adl – agterdeur lus
aks – agterstevoor-koussteek
alt – alternatiewe
aw – aweregs
herh – herhaal
HP – herhaal patroon
k – kabel (5de en 13de rye): om kabel oor 6 ste te maak, gl 3 ste op kabelnaald en laat aan agterkant van werk, r3, dan r3 van kn
k4a – maak kabel deur 4ste op kn te glip, hou agter werk, r4 ste en dan 4 ste van kn
kb – kortbeen
kn – kabelnaald
kr4La – glip vlg 3 ste op kn en hou aan voorkant, aw1, dan r1a, aw1, r1a, van kn
krRa – glip vlg steek op kn en laat aan agterkant van werk, r1a, aw1, r1a, dan aw1 van kn
ks – koussteek
Mb – Maak bobbel: r1, aw1, r1, aw1, r1 in vlg st, draai, aw5, draai, r5, trek 2de, 3de, 4de, en 5de steek oor 1ste st en van die naald af
m – maak steek
mm – millimeter
ms – mossteek
oorbl – oorblywende
pat – patroon
r – regs
st(e) – steek (steke)
tes – tes
tgso – trek glipsteek oor
vermeer – vermeerder deur in voor- en agterkant
van st te werk
vermin – verminder
vlg – volgende
Babaskoentjies
Gebrei deur Betsie Viljoen. Patroon uit The Baby Knits Book deur Debbie Bliss.
Basiese benodigdhede
- Ongeveer 250 klein kraletjies
- 50 cm dun lint
- 50 cm fluweellint
Mossteekskoentjie
Benodigdhede
- 50 g Dombeya Handspun Pure Merino
- Lambswool in sjokolade en natuurlik
- 3,5 mm-naalde
Mossteek
1ste ry: (r1, aw1) tot einde.
2de ry: (aw1, r1) tot einde.
Hierdie 2 rye vorm mossteek op ’n gelyke hoeveelheid ste.
Om te maak
Met 3,5 mm-naalde, stel 18 ste op.
Vlg ry: ms.
Werk in ms en vermeer 1 st aan weersk van vlg en elke vlg alt ry tot 28 ste, werk vermeerst in ms, om die patroon te behou.
Vermin 1 st aan weersk van vlg en elke vlg alt ry tot 18 ste.
Hakvorming
Vlg ry: stel 5 ste met kabelmetode op, ms hierdie 5 ste, ms tot einde. 23 ste.
Vlg ry: ms.
Vlg ry: vermeer 1 st aan einde van vlg en 4 vlg alt rye. 28 ste.
Vlg ry: heg 16 ste af, ms tot laaste st, vermeer in laaste st. 13 ste.
Ms 10 rye.
Vlg ry: r2tes, ms tot einde.
Vlg ry: stel 16 ste met kabelmetode op, ms hierdie 16 ste, ms tot einde. 28 ste.
Vermin 1 st aan begin van vlg en 4 vlg alt rye. 23 ste.
Vlg ry: ms
Heg af.
Om te voltooi
Werk haknaat agter toe. Werk bokant en sool aanmekaar, gee effens toe vir volheid vir tone. Keer om na regterkant.
Reksteekskoentjie
Benodigdhede
- 50 g Dombeya Handspun Pure Merino
- Lambswool in Bunny Ear
- Een paar 3,5 mm-breinaalde
Met 3,5 mm-naalde stel 16 ste op.
Vlr ry: r.
Werk in rs en vermeer 1 st aan weersk van vlg en elke vlg alt ry tot 28 ste.
Vermin 1 st aan weersk van vlg en elke vlg alt ry tot 16 ste.
Hakvorming
Vlg ry: stel 7 ste op, r hierdie 7 ste, r tot einde. 23 ste.
Vlg ry: r.
Vermeer 1 st aan einde van vlg ry en 4 vlg
alt rye. 28 ste.
Vlg ry: r.
Vlg ry: heg 16 ste af, r tot laaste st, vermeer in laaste st. 13 ste.
Regs 10 rye.
Vlg ry: r2tes, r tot einde.
Vlg ry: stel 16 ste op, r hierdie 16 ste, r tot einde. 28 ste.
Vermin 1 st aan begin van vlg en 4 vlg alt
rye. 23 ste.
Regs 1 ry.
Heg af.
Om te voltooi
Werk haknate agter toe. Werk bokant en sool aanmekaar, gee bietjie toe vir volheid vir tone.
Keer om na regterkant.
Hoe om koordrandjie in te werk
Vou die fluweellint in die lengte in die helfte en werk lint met oorhandstekies aan binnekant van skoen vas.
Skoentjies met kraletjies
Werk kraletjies só vas
1 Werk krale een vir een vas.
2 Maak ’n groot knoop in ’n dubbeldraad garing en steek die naald van die binnekant van die skoen na buite.
3 Werk ’n dubbelsteek om die steek te verstewig.
4 Ryg die kraal in en steek die naald weer na die binnekant van die skoen.
5 Werk weer ’n klein dubbelsteek en steek die naald weer van die binnekant af na die buitekant reg langs die eerste kraletjie. Herhaal die proses reg rondom skoen.
6 Eindig af met ’n dubbelsteek en knoop die garing stewig.
Let wel: Vir veiligheidredes, maak baie seker dat die klein kraletjies goed vasgewerk is.
Skoentjies met lintafwerking
Gebruik ’n groot stomppuntnaald en ryg dun lint deur die rand van die skoene.
Knoop die punte van die lint saam of maak ’n strikkie.