kategorieë: DekorLeefstyl

Breekware vir beginners

Breekware vir beginners deur Elandrè Swart en Cornel Dunn. Hooffoto: Johan Wilke

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Algemene tipes breekware

Erdeware

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Erdeware is die oudste vorm van breekware: Dit word gemaak van onverfynde klei en word teen ’n lae temperatuur gebak. Erdeware moet geglaseer word om dit duursaam te maak, maar om ’n meer natuurlike gevoel te skep met ’n rowwer tekstuur word die klei gereeld ongeglaseer gelaat. Hierdie tipe breekware het ’n meer rustieke en natuurlike gevoel.

  1. Borde en bakkies (Prys op aanvraag) Mervyn Gers
  2. Borde en bakkies met organiese vorms (vanaf R199) Zara Home
  3. Erdewarestel (tussen R39.90 en R299) Zara Home
  4. Klein erdewarebakkie met sirkelpatroon in blou (R59.90) Zara Home

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Steenware

Steenware is die populêrste keuse as dit kom by elke dag se gebruik. Dit is meer duursaam as erdeware en dis ook meer bekostigbaar. Dit is gemaak van verfynde klei en word teen ’n hoër hitte as erdeware gebak, wat sorg vir goeie tekstuur en ’n gladde oppervlak.

  1. Café Steenware-bakkie (R75) Woolworths
  2. Humble & Mash 12-stuk stel (R899) Yuppiechef
  3. Slaaibak (R349) H&M
  4. Nara groot bord in bruin (R95) Weylandts

Porselein

Porselein is baie prakties. Dis veilig om in die mikrogolf en skottelgoedwasser te gebruik wat dit ideaal maak vir gereelde gebruik. Die klei word teen ’n baie hoë temperatuur gebak, is spierwit, en het ’n gladde oppervlak en glansende voorkoms wanneer dit geglaseer is.

  1. Stel van 4 bakkies (R99.99) Mr Price Home
  2. Tekstuur-porseleinbord (R129) H&M
  3. Osaka-bak (R79.95) Woolworths
  4. Maxwell Williams White Diamond, stel van 16 stukke (R1 499) @Home

Waarvoor gebruik ons gewoonlik erdeware, steenware en porselein?

Erdeware is in die verlede gebruik om potte en planthouers te maak, en vanaf die 1980s het dit gewild geraak om ook eetstelle daaruit te maak.

Steenware word gewoonlik gebruik om bekers en oondware te maak omdat dit volkome hittebestand is en in die mikrogolfoond gebruik kan word.

Porselein is die veiligste breekware om in die kombuis te gebruik. Dit is kleefvry, waterdig en skottelgoedwasser-vriendelik

Ken jou breekware

Kyk na die tekstuur om te bepaal uit watter groep die breekware kom.

Erdeware het ’n kalkagtige afwerking, terwyl die onderkant van die bord geglaseer sal wees. Steenware het ’n sanderige afwerking. Porselein is gladder en dunner as die res.

Wat het jy alles nodig?

Die styl en die hoeveelheid breekware wat jy benodig sal afhang van jou leefstyl. Byvoorbeeld, as jy klein kinders het sal twee stelle ’n goeie opsie wees, een vir elke dag se gebruik wat maklik vervangbaar is, en een vir meer formele geleenthede as gaste kom kuier. Tradisies word deesdae nie meer gevolg as dit kom by twee stelle breekware nie, dit is hoekom dit so belangrik is om ’n stel te kies wat nie net duursaam is nie, maar ook vir alles sal werk.

Behalwe jou algemene bekers en koppies benodig jy ook:

  • Groot borde
  • Kleinborde (of broodborde)
  • Klein slaaiborde of pastabakkies
  • Opdienborde

Hoe om jou breekware te versorg

Skottelgoedwasser

Alhoewel ’n groot ronde bord baie mooi lyk kan dit dalk onprakties wees as dit nie in jou skottelgoedwasser pas nie. Maak seker oor die groottes asook die skottelgoedwasser. Sommige skottelgoedwassers het rakke wat verstel kan word. Nog ’n manier om seker te maak jou borde hou langer is om dit eers af te spoel sodat al die ergste vesel loskom van die bord voordat dit in die skottelgoedwasser geplaas word. Dit help nie net om die lewe van jou borde te verleng nie maar ook om seker te maak jou skottelgoedwasser raak nie verstop nie.

Mikrogolf

Maak seker jou breekware is veilig vir die mikrogolf. As jou breekware goud, silwer of enige ander metaalrandjie of -patroon het sal dit nie veilig wees vir mikrogolf-gebruik nie. Maak seker die styl is nie net mooi nie maar ook prakties vir jou huishouding.

Moderne tendense vir breekware

  • Mat-afwerkings is meer gesog as glans.
  • Borde word tans meer oneweredig afgewerk.
  • Kleure wissel vanaf sagte pienk tot swart.

Verskaffers:

Mr Price Home |mrphome.com

@Home |home.co.za

Woolworths |woolworths.co.za

H&M |hm.com/za

Mervyn Gers |mervyngers.com

Zara Home |zarahome.com.za

Yuppiechef |yuppiechef.com

Weylandts |weylandts.co.za

Deel
Gepubliseer deur
Elandre Swart

Onlangse plasings

‘The Mommy Club’ se Johandri: “As dit soos hoërskooldrama voel, hou ek my afstand”

Showmax se gewilde werklikheidsreeks, The Mommy Club: Van die Hoofstad bied ’n vars, maar soms…

12 hours Gelede

Nuwe herfsspyskaart by Creation is meer as kos en wyn

Deur Maryke Roberts. Foto’s: Clifford Roberts     Creation het ook pas by die Eat…

13 hours Gelede

Koek met sjokolade en souterige karamel

Lewer 1 groot koek   Bestanddele   Karamel met sout 200 g suiker 60 ml…

14 hours Gelede

Vyf vrae aan Anna Davel oor Suidoosterfees se ‘Konsert van Hoop’

Die 22ste Suidoosterfees word ingelui deur ’n indrukwekkende konsert van populêre en klassieke musiek. Anna…

15 hours Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met Kristen Raath oor ‘Niggies’ en ma-wees op skerm

Hooffoto: Stavros Cassapis   Sedert die eerste episode van Niggies op kykNET uitgesaai is, het…

17 hours Gelede

PAS BEKEND | Nuwe kykNET-reeks verken dramas en intriges van nuuskantoor

Adri Joubert was vir twee dekades die koel, kalm, gerusstellende gesig en stem van die…

20 hours Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.