Die Breedezicht-uitbreiding het in 2008 begin – 60% van fase 1 het reeds uitverkoop en 13 huise is suksesvol voltooi. Wanneer jy jou plot uitsoek, kan jy kies tussen vyf verskillende boustyle. Hierdie style is geskep om aan te sluit by die dorp se karakter. Hugo La Grange is die projekbestuurder en glo dat hierdie uitbreiding die perfekte plek is vir mense om weg te breek van die lawaai van die stad. Dit is nie te naby nie, maar ook nie te ver nie.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }Al is die dorpie buiteseisoen klein en stil, is daar heerlike goed om te doen. Vir iemand wat hou van ’n verskeidenheid plant- en voëlspesies, is hierdie area nommerpas. Daar is meer as 260 voëlsoorte! Die Breederivier word gekenmerk deur die oplewering van vis en Witsand staan bekend as ’n ou vissersdorpie. Dis een van die top tien beste plekke in Suid-Afrika om kite surfing te beoefen.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }
Ek het vir ’n naweek daar gaan kuier en in een van die huise reg voor op die eiendom gebly. Daar was ’n pragtige uitsig op die see – tyd vir stil word en dink. Met die warm weer in die Kaap was dit verfrissend om ’n bietjie af te koel. Dit was ’n koelerige naweek, maar met die kaggel sowel as die binnenshuise braai het die vuur bly brand, en die uitsig oor die Breederivier en die see was oorgenoeg.
Saterdagoggend het ons ’n bootrit geneem saam met Mike, ’n bekende gesig op Witsand. Hy neem gaste uit en vertel hulle meer van die dorp en sy geskiedenis. Hy is ’n vriendelike mens met baie wysheid. Dit was ’n opwindende rit!
Wat jy nodig het vir ’n naweek in Witsand, en spesifiek op die Breedezicht-eiendom, hang af van jou tipe verblyf. Vra die eienaar wat jy moet saamneem.
’n Paar goedjies wat handig te pas sal kom:
By die hawe is daar ’n restaurant wat heeldag oop is, indien jy vir aandete wil uitgaan.
Of jy op soek is na ’n kragtige skootrekenaar om meer as een taak mee…
Om ’n matras aan te skaf is een van die duurste beleggings wat jy sal…
Bestanddele 500 ml (2 k) gevriesde bessies 500 ml (2 k) volroom- Griekse jogurt…
Iemand het uiteindelik kykNET se miljoenrandvraag op die gewilde vasvraprogram Wie word ’n miljoenêr? beantwoord. …
Maak werk van dié kwessies en kry weer woema terug! #rrTussenOns
Die huidige Mej. Suid-Afrika, Mia le Roux, het vandag in ’n video op sosiale media…
Hierdie webwerf gebruik koekies.