kategorieë: Ontspanning

“Breakfast at Tiffany’s” is nou ’n werklikheid

Die immergewilde rolprent Breakfast at Tiffany’s het op die 5de Oktober 56 jaar oud geword. In die openingstoneel klim Holly Golightly (vertolk deur Audrey Hepburn) uit ’n geel New Yorkse taxi. Sy dra ’n swart Givenchy-aandrok met pêrels, ’n beehive-haarstyl en lang handskoene. Sy loop na die uitstalvensters van die luukse juweelhandelaar Tiffany & Co. en maak ’n papiersakkie oop waaruit sy ’n wegneemkoffie en croissant haal. Dan window shop sy terwyl sy ontbyt eet by (of eerder, buite) Tiffany’s terwyl Henry Mancini se Moon River in die agtergrond speel.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Wou jy al ooit ontbyt by Tiffany’s eet? Wel, nou het hierdie luukse juweelhandelaar dit ’n stappie verder geneem en jy kan letterlik binne Tiffany’s ontbyt eet met hul nuwe restaurant wat die afgelope naweek oopgemaak het.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Terwyl hierdie winkel se restaurant nie op enige Audrey Hepburn-herinneringe fokus nie, bedien hulle wel heeldag ontbyt. Die dekor is eerder klassiek Tiffany’s en in die juweelhandelaar se bekende kleur: Tiffany-blou. Van die stoeloortreksels tot die mure en die dak is in hierdie blou en selfs die eetware is Tiffany-blou ontwerp. Dit is glo so ontwerp dat dit voel asof jy binne een van Tiffany’s se bekende blou juweelboksies sit. Vandaar die naam, The Blue Box Café.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Ontbyt by dié kafee sal jou ongeveer $29 uit die sak jaag, en die prix fixe-spyskaartopsie sal jou ongeveer $39 kos. Die kostemas is glo eg New York en die spyskaart sal volgens seisoene verander.

Hiermee saam word daar ook alledaagse voorwerpe uitgestal en verkoop by die kafeewinkel, wat glo buitengewoon gemaak is deurdat dit in sterlingsilwer of ander luukse materiale en die Tiffany-handelsmerk gemaak word. Hierdie produkte sluit in “papierkoppies” ($95), silwerstrooitjies ($250), tafeltennisrakette in okkerneut-en-leer ($650), ’n silwer-koffiekannetjie ($1500), en ’n sterlingsilwer balletjie “wol” ($9000).

Meer oor Tiffany-blou

Tiffany-blou, of Pantone nommer 1837, is ’n geregistreerde kleur by Pantone en niemand anders mag hierdie kleur gebruik nie. Die kleur is oorspronklik in 1837 gekies en geskep deur die juwellier Charles Lewis Tiffany en John Young en is die eerste keer gebruik in 1845 vir Tiffany se Blue Book, waarin hy ’n katalogus van al sy produkte gelys het. Dit is sedertdien hierdie luukse handelshuis se amptelike kleur en alle verpakking van die juwele kom voor in hierdie blou. Die kleur kan vergelyk word met n rooborsie-eierblou (robin’s egg blue) of vergeet-my-nie-blou. Pantone en Tiffany’s het in 2001 begin om hierdie kleur in ’n eksklusiewe handelsmerk te verander, wat beteken niemand anders kan hierdie spesifieke kleur gebruik nie.

Deel
Gepubliseer deur
Catherine Schenck

Onlangse plasings

Stel die verbruiker se ervaring eerste! MSI se reis van 20 jaar om ’n ryk van skootrekenaars te bou

’n Nalatenskap wat daarop gebou is om hul verbruikers te verstaan  Oor die afgelope 20…

2 hours Gelede

Het jy wat dit vat vir ‘Die brug’ se tweede seisoen?

Iewers op ’n eiland met ’n toring staan nog ’n skatkis wat R1 miljoen kontant…

8 hours Gelede

Smelt-in-die-mond-koekies

Maak 30 koekies • 500 ml (2 k) koekmeel • 80 ml (1⁄3 k) kakao…

9 hours Gelede

Geurige tamatie-en-wors-gebak

Geurige tamatie-en-wors-gebak. Resep deur Vickie de Beer   Lees ook: Geurige worsies met sampioene en…

9 hours Gelede

Gebakte Carbonara

Vir hierdie heerlike gebakte Carbonara druk jy die blokkies mozzarella tussen die pennepasta in! Resep…

9 hours Gelede

Ribollita

Ribollita is ’n Toskaanse sopbredie. Dit word soos ’n sop gemaak maar is so lekker…

9 hours Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.