kategorieë: Bekendes

Brangelina – aan of af?

Brad Pitt (53) en Angelina Jolie (42) het in September 2016 aangekondig dat hulle sou skei. Vroeër in 2017 was daar bespiegelings dat hulle vir eers die egskeiding sou uitstel, maar aan die ander kant was daar ook gerugte dat dié dure egskeiding sou voortgaan.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Die afgelope naweek het daar weer bespiegelings tot die lig gekom dat die paartjie versoen is. Party bronne noem dat die egskeiding nie sal voortgaan nie. Ander bronne noem dat die egskeiding sal voortgaan, maar dat die paartjie weer hul verhouding ’n tweede kans wil gee. Daar is ook ’n derde groep bronne wat noem dat die (eks)paartjie glad nie belangstel in ’n versoening nie. Daar is huidig dus geen sekerheid oor die werklike toestand van hulle verhouding nie.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Lees ook ons artikel oor of mans weer met hul vrouens sou trou hier

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Te midde van hierdie onsekerheid is daar heelwat nuus oor die oorsake van die egskeiding en die moontlike hersoening. Brangelina, soos hul aanhangers hulle gedoop het, is in 2014 in die geheim getroud nadat hulle vir 10 jaar lank ’n paartjie was. Hul ses kinders het glo aangedring dat hul ouers die knoop moes deurhaak.

In September verlede jaar het die Jolie-Pitts aangekondig dat hulle sou skei. Jolie het genoem dat Pitt se ouerskap-metodes en dagga- en drankmisbruik die redes is waarom die huwelik tot ’n einde moet kom. Daar is ook beweer dat Pitt in ’n gewelddadige onderonsie met hul oudste seun, Maddox, betrokke was en maatskaplike werkers het dit ondersoek.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Intussen is Pitt glo deur rehabilitasieprogramme en Jolie het vir nou eers die kinders almal by haar. Die paartjie veg in die howe om eiendom en toesig oor die kinders. Jolie wil glo alleenlik ouertoesig oor die kroos hê.

Wyl die uitkoms van hul verhouding onseker is, wanneer dink jy is genoeg genoeg en wanneer moet verhoudings ’n tweede kans gegee word?

Lees ook ons artikel oor vyf goed wat almal moet weet voordat hulle trou

Lees ook ons Margaret Uit Hollywood-onderhoud met Angelina Jolie

Deel
Gepubliseer deur
Catherine Schenck

Onlangse plasings

Stel die verbruiker se ervaring eerste! MSI se reis van 20 jaar om ’n ryk van skootrekenaars te bou

’n Nalatenskap wat daarop gebou is om hul verbruikers te verstaan  Oor die afgelope 20…

3 hours Gelede

Het jy wat dit vat vir ‘Die brug’ se tweede seisoen?

Iewers op ’n eiland met ’n toring staan nog ’n skatkis wat R1 miljoen kontant…

9 hours Gelede

Smelt-in-die-mond-koekies

Maak 30 koekies • 500 ml (2 k) koekmeel • 80 ml (1⁄3 k) kakao…

10 hours Gelede

Geurige tamatie-en-wors-gebak

Geurige tamatie-en-wors-gebak. Resep deur Vickie de Beer   Lees ook: Geurige worsies met sampioene en…

10 hours Gelede

Gebakte Carbonara

Vir hierdie heerlike gebakte Carbonara druk jy die blokkies mozzarella tussen die pennepasta in! Resep…

10 hours Gelede

Ribollita

Ribollita is ’n Toskaanse sopbredie. Dit word soos ’n sop gemaak maar is so lekker…

10 hours Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.