kategorieë: Fiksheid

Brandstof vir sport: Wat jy moet weet

Bill Rogers, marathon-legende met vier oorwinnings in die Boston en New York City marathons in die laat sewentigs, spreek dié  ware woorde: “More marathons are won or lost in the porta-toilets than at the dinner table.”

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Ure se oefening gaan jou bitter min help as jy op die dag van die wedren van porta-loo na porta-loo steier en hier loop hardlopers ’n groter risiko as ander sportsoorte. Praat jy egter met atlete wat aan enige uithourenne in fietsry, hardloop en driekamp soos Ysterman deelneem, kom jy gou agter dat die meeste die een of ander tyd probleme ondervind. Lang uithourenne soos die Epic-bergfietsmarathon eis veral sy tol en vele fietsryers se wedren delf die onderspit weens dehidrasie, maagkrampe en gastritis.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Sommige studies onder marathonatlete se resultate toon dat dit soveel as 83% van atlete afffekteer, maar oor die algemeen sukkel 20 – 50% van atlete. Die meeste klagtes is diaree, drang om te ontlas, maagpyn, opgeblasenheid, naarheid, vomering, sooibrand, borspyn en selfs gastrointestinale bloeding. Dit wil ook voorkom asof vroue ’n groter geneigdheid as mans vir probleme het.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Hoewel daar verskeie riglyne is, bly dit ’n baie individuele saak en moet jy self uitvind wat werk. Die goue reël is dat jy NOOIT iets nuut op die dag van die wedren moet probeer nie. Met lang uithourenne wat oor dae strek, soos die Epic-bergfietsmarathon of uiterse omstandighede soos Ysterman en Comrades, is dit moeilik om omstandighede voor die tyd na te boots omdat jy nie gewoonlik daardie afstande nadoen as jy oefen nie.

Algemende riglyne

Voor ’n wedren

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

• Ete die aand voor die tyd: Laevet, gematig in proteien en koolhidrate, lae vesel en genoeg vloeistof. Eet kos waaraan jy gewoond is, hou porsies matig. Groente en vrugte is hoog in vesel, so systap hierdie een. Hou dit 2 tot 3 ure voor slapenstyd sodat jou maag tyd het om dit te verteer.

• Oggend: Drink ongeveer 500 ml vloeistof twee ure voor oefening en eet so gou as moontlik om te verseker dat jy twee ure voor die wedren iets eet. Hawermout met rosyne of roosterbrood met grondboonbotter en ’n piesang is ’n goeie opsie. Ek drink graag ’n ontbytdrankie want ek sukkel om so vroeg in die oggend te eet.

Oefening: As jy nie meer as ’n uur oefen nie, is water voldoende as hidrasie. As jy langer as dit oefen, kies ’n goeie sportdrankie met elektroliete, koolhidrate en proteiene.

Proteïene help jou liggaam met herstel en die verhouding koolhidraat tot proteïen behoort  tussen 3 en 4 koolhidrate vir elke 1 eenheid proteïen te wees. Laevet sjokolademelk is ’n perfekte pasmaat en is boonop goedkoop en maklik verkrygbaar. Boonop is ’n produk soos Steri Stumpi  gemaak van langlewe melk en hoef jy dit nie koud te hou nie.

Jels en hoë energiestafies is goed vir atlete wat lang ure oefen, maar bly weg as jy nie langer as ’n uur oefen nie. Drink altyd water saam met ’n jel.

Raad van Andrew McLean van Cycle Lab

• Maak seker dat daar geen verbode bestanddele in is nie deur dit van ’n voorsiener te kry wat die gehalte van hul produkte waarborg en bestanddele toets.

• As dit nie lekker smaak nie gaan jy dit nie drink nie.

• Toets dit voor die tyd tydens oefening.

Lees ook: 15 goed om na te kyk in die 30 sekondes voor jy op jou fiets klim

Deel
Gepubliseer deur
Michelle Nortje

Onlangse plasings

Slim maniere om minder sout te gebruik

Ons kyk hoej jy, as vernuftige tuissjef, heerlike smake met minder sout kan optower én…

23 hours Gelede

Drie goed wat jy oor ‘Suidooster’ se stormagtige April móét weet

Dit blyk ’n paar Ruiterbosch-inwoners gaan in April vir die gek gehou word danksy allerhande…

23 hours Gelede

Van Siprus se skaduwees tot Aronspoort se geheime – twee verhale vol liefde en gevaar

Wanneer gevaar met romanse gekombineer word, is ’n boek nie net ’n storie nie, maar…

2 days Gelede

Kom Clarens toe vir die kunstefees op 1 Mei!

Die fees word vanjaar van 1 tot 4 Mei gehou.    [gallery columns="2" size="medium" ids="151862,151861"]…

2 days Gelede

Bak vir Eid al-Fitr: Groot dinge gebeur as daar tradisie, samehorigheid en soet vieringe is

Die kern van hierdie tradisie is die kuns daarvan om so te bak dat eenvoudige…

2 days Gelede

Duncan Johnson oor ‘Skemergrond’ se skurk: ‘My waardes verskil hemelsbreed van Beeno s’n’

    In die wêreld van televisie en teater is die rol van die skurk…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.