• 500 g jong wortels met hul groen stingeltjies nog aan
• 60 g botter
• 60 ml (¼ k) heuning
• 60 ml (¼ k) brandewyn
• vars heuningkoek (opsioneel, dis net as jy dit kan kry, vir die mooi)
• 250 ml (1 k) mascarpone
Instructions
1 Kook die wortels vir 2 min. in borrelende kookwater. Dreineer dadelik. 2 Smelt die botter en heuning in ’n groot pan. Braai die wortels vir 2 min. in die heuningbotter tot hulle goed bedek is. 3 Gooi die brandewyn by en kook vir 5 min. af. 4 Lig die wortels met ’n gaatjieslepel uit die pan en sit op ’n opdienbord. 5 Kook die brandewynsous tot stroperig en gooi net voor opdiening oor die wortels. 6 Sit met skeppies mascarpone en stukke heuningkoek voor.