Die hoë alkoholinhoud van brandewyn is geneig om deur die ryk, romerige, soetheid van sjokolade te sny. Donkersjokolade met ’n hoë kakaoinhoud het weer gehaltebrandewyn nodig om die bitterheid in die sjokolade te balanseer. Soet, romerige melksjokolade pas beter by meer delikate, pot gedistilleerde brandewyne, veral dié met vanielje-ondertone. Donkersjokolade werk goed saam met robuuste, verouderde brandewyne wat ’n duidelike eikehoutkarakter openbaar. Die ware uitdaging lê in die meesterlike verbinding van die brandewyn se geure met dié van die sjokolade - ’n brandewyn met sitrusondertone
sal perfek by sjokolade met lemoenskil pas.
Brandewyn Alexander
’n Klassieke mengeldrankie wat brandewyn en sjokolade perfek saam laat praat. Genoeg vir net 1
40 ml brandewyn
20 ml kakao
40 ml room
20 ml Kahlua
neutmuskaat om oor te rasper.
Meng al die bestanddele in ’n drankiemenger. Skink in ’n martiniglas en versier met ’n raspertjie neutmuskaat.
Sjokoladetruffels
Genoeg vir 20 sensuele happies saam met 20 verleidelike sopies brandewyn.
250 g van die donkerste donkersjokolade (probeer 70% kakao kry), gekap
90 ml (6 e) vars room
50 g botter, in blokkies gesny
kakao
Instructions
1 Voer ’n 10 x 20 cm-pan met bakpapier uit. 2 Verhit die sjokolade, room en botter in ’n kastrolletjie en roer oor lae hitte tot alles gesmelt, glad en blink is. 3 Giet die mengsel in die voorbereide pannetjie. Verkoel in die yskas vir sowat 2 uur tot geset. Keer die truffelmengsel op ’n skoon werkvlak uit en sny in 20 ewe groot blokkies. 4 Rol in ewe groot balletjies en daarna in kakao sodat dit nie aanmekaarkleef nie.