kategorieë: Bekendes

Bouwer Bosch & Bennie Fourie gesels oor nuwe projek

Hoe het julle by dié video-parodie betrokke geraak?

Ons het die voorreg om maandeliks sketse saam met Stephan Bredell van King Price Insurance te doen en bietjie rond te speel met karakters wat ons skep. Die groter doel is sommer net om met King Price Insurance hande te vat en bietjie materiaal daar buite te sit wat anders is en waaroor mense sal gons terwyl hulle lag.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

So toe ‘Movember’ nader kom het Stephan-hulle voorgestel dat ons saam met Peter de Villiers werk, omdat hy die toonbeeld is van die ideale snor. Ons het dit toe goed gedink om sy snor as ’n metafoor vir rugby te gebruik. Dit is ’n lekker manier om te sê wat almal dink oor die huidige toestand van SA-rugby en om dit in ’n snaakse manier te doen werk nog beter.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Vertel ons meer oor die kreatiewe proses agter die video’s. Hoe bedink julle dié skreeusnaakse sketse?

Dit begin altyd met ons twee wat bymekaarkom om idees rond te gooi.  Daar is gewoonlik een of twee wat uitstaan en dan explore ons dit ’n bietjie verder.  Dit werk lekker om saam te werk, omdat ons mekaar op ons tone hou – ons challenge mekaar baie wat komedie aanbetref en ons probeer ook altyd vis vir die snaaksste oomblik.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Hoe ervaar julle die reaksie op die video? Het julle verwag dat dit só ’n sukses binne die eerste week behaal?

Ons het geweet hier gaan iets groot gebeur met dit, maar glad nie hierdie herrie verwag nie.

Dit wat gesê word in die sketse is alles wat almal te bang is om te sê. Vir die eerste keer is daar iemand wat reguit en eerlik praat oor dinge rondom SA-rugby en ons dink dit is wat mense so laat gons; hulle relate met dit omdat hulle dit self ook al gedink het.

Hoe was dit om saam met Peter de Villiers te werk?

Dit was ’n ongelooflike voorreg, hy het die beste stories van sy tyd as Bok-afrigter en hy is sommer net ’n lekker mens. Plat op die aarde, baie eerlik en iemand wat weet dat mense die belangrikste ding in die wêreld is, niks anders nie.  Dit was baie humbling om in sy teenwoordigheid te wees.

Wat is julle wenke vir ’n goeie snor?

Jy moet hom snoei sodat hy kan groei. Dit is soos om ’n kind pakslae te gee; jy doen dit sodat hy kan leer en groei.

Watter bekende se snor sou julle namaak as julle kon?

Magnum PI asook Colonel Saunders van KFC.

Hoeveel sinonieme vir die woord “snor” kan julle opnoem?

Lipbesem, Liplapa, Mondgras, Neusbesem …

Wanneer kan kykers die volgende video’s verwag?

Daar is nog twee op pad wat binne die volgende twee weke die lig sal sien. Kyk uit vir hulle want hulle is baie stout!

Dit is die video wat almal laat gons!

Deel
Gepubliseer deur
Nicole Kemp

Onlangse plasings

Stel die verbruiker se ervaring eerste! MSI se reis van 20 jaar om ’n ryk van skootrekenaars te bou

’n Nalatenskap wat daarop gebou is om hul verbruikers te verstaan  Oor die afgelope 20…

1 hour Gelede

Het jy wat dit vat vir ‘Die brug’ se tweede seisoen?

Iewers op ’n eiland met ’n toring staan nog ’n skatkis wat R1 miljoen kontant…

7 hours Gelede

Smelt-in-die-mond-koekies

Maak 30 koekies • 500 ml (2 k) koekmeel • 80 ml (1⁄3 k) kakao…

8 hours Gelede

Geurige tamatie-en-wors-gebak

Geurige tamatie-en-wors-gebak. Resep deur Vickie de Beer   Lees ook: Geurige worsies met sampioene en…

9 hours Gelede

Gebakte Carbonara

Vir hierdie heerlike gebakte Carbonara druk jy die blokkies mozzarella tussen die pennepasta in! Resep…

9 hours Gelede

Ribollita

Ribollita is ’n Toskaanse sopbredie. Dit word soos ’n sop gemaak maar is so lekker…

9 hours Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.