Bou ’n bobaasburger vir hamburgerdag! Resepte: Vickie de Beer. Foto: Lee Schwagele
Dis beslis nie ’n vegetariese burger nie, maar jy sal verbaas wees oor hoeveel groente op kreatiewe maniere in die resep gebruik kan word. Die burger is gemaak van tuisgebakte patatrolletjies en beesvleisfrikkadelle, heerlike beetblatjang en ’n botterskorsiepiekel. Elkeen van die elemente is heerlik. Probeer dit gerus alleen of saam met die resep. Bou die burger met die patatrolletjies, ’n beesvleisfrikkadel, beetblatjang en botterskorsiepiekel. Sit jou ander gunstelinge soos gesnyde tamatie en rooi-ui ook op.
1. Soetpatatbroodrolletjies – klik hier vir die resep
2. Beesvleisfrikkadel – klik hier vir die resep
3. Patattjips – klik hier vir die resep
4. Gepiekelde botterskorsie – klik hier vir die resep
5. Beetblatjang – klik hier vir die resep
Loer hier vir nog heerlike burgerresepte
Mexikaanse hamburgers met salsa
Smullekker halloumi-en-groente-burger