Botterskorsie-falafels met beetdoopsous. Resep deur Vickie de Beer. Foto deur Lee Schwagele van crphotographic.co.za
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }
Genoeg vir 6
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }
• 800 g botterskorsie, in blokkies gesny
• 30 ml (2 e) olyfolie
• sout en swartpeper
• 1 groen brandrissie, fyngekap
• 2 knoffelhuisies, fyngekap
• 5 ml (1 t) komyn, fyngemaal
• 1 x 400 g blikkie-kekerertjies, gedreineer
• 80 g bulgur (bulgur wheat), in 1 k kookwater geweek
• hand vol koljander, gekap
• hand vol babaspinasie, gekap
• 40 g spelt of gewone koekmeel
• 200 g fetakaas, ruweg gekrummel
• olie vir vlakbraai
Beetdoopsous
• 15 ml (1 e) olyfolie
• 2 knoffelhuisies, fyngekap
• 2 cm-gemmerstukkie, fyngekap
• 2 cm-borriestukkie, fyngekap
• 1 klein groen brandrissie, fyngekap
• 5 ml (1 t) komyn, fyngemaal
• 100 g gekookte beet, in blokkies gesny
• 250 ml (1 k) volroomjogurt
1 Voorverhit die oond tot 200 °C. Pak die botterskorsieblokkies op ’n oondpan uit. Gooi die olyfolie oor en geur met sout en swartpeper. Rooster vir 35-40 min. of tot goudkleurig en gaar. Laat dit afkoel.
2 Verwerk die botterskorsie, brandrissie, knoffel, komyn, kekerertjies, bulgur, koljander, spinasie en speltmeel in ’n voedselverwerker tot goed gemeng. Voeg die fetakaas by en geur met sout en swartpeper. Sit vir 1 uur in die yskas.
3 Rol die botterskorsiemengsel in happiegrootte-balletjies.
4 Verhit die olie in ’n pan oor matige hitte. Braai die falafels vir 4-5 min. aan elke kant, of tot goudkleurig.
Doopsous
5 Verhit die olyfolie oor matige hitte en braai die knoffel, gemmer, borrie, brandrissie en komyn vir 2 min. daarin of tot geurig.
6 Verwerk die geurmengsel, beet en jogurt in ’n voedselverwerker tot glad. Geur met sout en swartpeper.
7 Sit die falafels saam met die doopsous voor.
Lees nog: Gekaramelliseerde ryspoeding
In die 11de episode van Kokkedoor Vuur & Vlam, kykNET se spannende koswerklikheidsreeks, word die…
Die verandering van somer na herfs beteken dat somer-beddegoed deeglik gestoor moet word tot die…
Deur Jade Rhode As jy opgemerk het dat jou foon doodgaan na 'n kort…
Vraag Moet ek my my grimeerkwassies was, en hoe gereeld? - Tirsa van Staden Lees…
Showmax se gewilde werklikheidsreeks, The Mommy Club: Van die Hoofstad bied ’n vars, maar soms…
Hierdie webwerf gebruik koekies.