3 middelslagaartappels, geskil en in blokkies gesny
1,25 liter (5 k) hoenderaftreksel
250 ml (1 k) vars lemoensap
sout, laat weg indien jy aftrekselblokkies gebruik
gemaalde swartpeper
skil van 1 lemoen
2 ml (½ t) neutmuskaat
crème frâiche vir opdiening
Instructions
Sit die botterskorsie, aartappels, en aftreksel in ’n middelslagkastrol en verhit oor matige hitte tot dit begin kook.
Sit die deksel op en kook die sop tot die aartappels en botterskorsie sag is.
Verwyder die kastrol van die hitte en verpulp die groente met ’n handmenger. Voeg die skil van een lemoen en 2 ml (½ t) neutmuskaat by net voor jy die sop vir die tweede keer verhit. Sit die kastrol terug op die hitte en voeg die room, sout en peper by en verhit. Sit dadelik voor. Eindig met ’n skeppie crème frâiche op elke bakkie sop.
Ander kombinasies
Die botterskorsie kan deur 500 g geskilde en gekapte wortels vervang word. Voeg steeds die lemoensap by soos hierbo beskryf.
Laat die lemoenskil weg en voeg 10 ml (2 t) kerriepoeier by. Gooi dan 250 ml (1 k) klappermelk pleks van lemoensap by.
Jy kan die botterskorsie by 200 ºC in die oond rooster. Sprinkel olyfolie, growwe sout, gemaalde swartpeper, 2 kaneelstokkies en ±30 ml (2 e) heuning oor voor jy dit by die res van die bestanddele voeg vir ’n heerlike smaakvariasie.