kategorieë: Nuut & NouKos

Botterskorsie-en-amandel-quiche

Lewer: 4–6 porsies
Moeitevlak: Maklik
Bereidingstyd: 1 uur 45 min.
Kooktyd: 45 min.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Bestanddele

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Kors
75 g gesoute botter, teen kamertemperatuur
100 g koekmeelblom
50 g amandelmeel
1 eiergeel
fyn seesout

Vulsel
500 g botterskorsie, geskil, ontpit en in blokkies gesny
olyfolie vir besprinkeling
fyn seesout en varsgemaalde swartpeper
3 eiers
20 ml ongesoute botter, gesmelt
100 g amandelmeel
100 g comté-kaas of sterk cheddar, gerasper
’n knippie fyn neutmuskaat
’n knippie fyn wonderpeper
’n knippie fyn komyn
50 g gevlokte amandels

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

By JAN is Vrydagmiddagete gewoonlik iets geurigs en seisoenaal wat in ’n japtrap berei kan word. Hierdie quiche het nie net ’n wonderlike tekstuur nie, dit het ook ’n heerlike neuterige smaak wat die botterskorsie perfek komplementeer. Ons sit dit graag voor met ’n bietjie crème fraîche en fyngekapte grasuie as ’n bykos saam met ons hoofgeregte gedurende die herfs- en wintermaande.
Metode

Voorverhit die oond tot 180 °C.

Vir die kors, gebruik jou vingers om die botter en meel in ’n groot mengbak te meng. Voeg die eiergeel en sout by en meng tot ’n deeg. Voeg ’n bietjie yswater by as die deeg nie sag genoeg is nie. Bedek met kleefplastiek en plaas in die yskas vir 1 uur.

Vir die vulsel, plaas die botterskorsie-blokkies op ’n bakplaatjie, bedruip met olyfolie en geur met sout en peper. Rooster in die voorverhitte oond vir 15 minute of tot die botterskorsie sag is. Plaas die gaar botterskorsie in ’n voedselverwerker en meng tot ’n gladde puree. Plaas die puree in ’n mengbak en voeg die eiers, gesmelte botter, amandelmeel, kaas en speserye by. Meng goed met ’n houtlepel en geur met sout en peper.

Spuit ’n quiche- of koekpan met kleefwerende kossproei. Rol die deeg uit op ’n werkoppervlak wat liggies met meel bestrooi is, lig die deeg op en plaas dit in die quiche-pan. Druk liggies met jou vingers tot die deeg eweredig versprei is. Knip ’n stuk waspapier en plaas dit in die pan. Vul met rou rys of bone en bak blind in die voorverhitte oond vir 10–15 minute tot die kors goudbruin is. Haal die rys uit en laat afkoel. Vul die kors met die botterskorsie-en-eiermengsel en bak teen 180 °C vir sowat 45 minute. Sprinkel die gevlokte amandels oor die quiche net voor jy dit uit die oond haal. Sit warm voor.

Wenk: Pampoenspesery maak ’n heerlike geskenk wanneer jy dit vooraf meng en in ’n oulike flessie verpak. Meng 80 ml fyn kaneel, 15 ml fyn gemmer, 15 ml fyn neutmuskaat, 7,5 ml fyn naeltjies, 7,5 ml fyn wonderpeper en verpak.

Klik hier vir Jan-Hendrik se Olyf-en-roosmaryn-broodstokkies met geklopte miso-botter PLUS lees ons onderhoud met dié gesogte Michelin-ster wenner.

Deel
Gepubliseer deur
Michelle Nortje

Onlangse plasings

‘The Mommy Club’ se Johandri: “As dit soos hoërskooldrama voel, hou ek my afstand”

Showmax se gewilde werklikheidsreeks, The Mommy Club: Van die Hoofstad bied ’n vars, maar soms…

3 minutes Gelede

Nuwe herfsspyskaart by Creation is meer as kos en wyn

Deur Maryke Roberts. Foto’s: Clifford Roberts     Creation het ook pas by die Eat…

43 minutes Gelede

Koek met sjokolade en souterige karamel

Lewer 1 groot koek   Bestanddele   Karamel met sout 200 g suiker 60 ml…

1 hour Gelede

Vyf vrae aan Anna Davel oor Suidoosterfees se ‘Konsert van Hoop’

Die 22ste Suidoosterfees word ingelui deur ’n indrukwekkende konsert van populêre en klassieke musiek. Anna…

3 hours Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met Kristen Raath oor ‘Niggies’ en ma-wees op skerm

Hooffoto: Stavros Cassapis   Sedert die eerste episode van Niggies op kykNET uitgesaai is, het…

5 hours Gelede

PAS BEKEND | Nuwe kykNET-reeks verken dramas en intriges van nuuskantoor

Adri Joubert was vir twee dekades die koel, kalm, gerusstellende gesig en stem van die…

7 hours Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.