’n Groen teaterjas
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }Liesl maak haar oë oop en kyk in welige roesbruin wenkbroue vas.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }“Is jy weer met ons? Hel, maar jy kan ‘n scene maak ou girl!”
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }“Waar is ek?” vra Liesl bewerig.
“Hier in my spreekkamer …”
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }Konrad se kop druk verby Herman se krulle.
“Liesl, is jy okei? Genugtig! Jy laat mens skrik!”
Herman staan tru vir Liesl se bekommerde eks. Sy probeer fokus, skuins agter Konrad se kop sien sy ‘n groot bos hare met high lights… Isa. Ugh, sy is lus en maak haar oë weer toe.
Dan onthou sy Maks.
“My hond?”
Herman kyk na Konrad om aan te dui hy het toestemming om die nuus oor te dra.
“Maks sal leef, die taai blikskottel, maar sy herstelpad is lank. Gelukkig ken Herman ‘n goeie chirurg van Onderstepoort. Moenie worry nie, ek sal al die onkoste betaal.” Isa gee so twee teëstribbelende keffe voor Konrad sy hand ophou om haar stil te maak.
“Jissie girl! Hier’s vir jou nog tee!” Roxy staan reg met ‘n beker waarop staan: Dr Harry, jou hond se beste pel!
“En as jy klaar is, gaan was ons jou gesig voor jy tyd kry om in die spieël te kyk. Jo! Jy lyk woes hoor!” Roxy kom sit soos ‘n wafferse body guard langs haar. Sy wys met ‘n kunstig versierde nael na Konrad wat eenkant in ‘n ernstige gesprek met Isa is. Isa se armpies swaai opgewonde op en af.
“Is dit jou eks se cherrie? Lyk soos Botox Bettie. Ek sal haar van jou weghou…”
Liesl stap saam met Roxy badkamer toe. Sy kry inderdaad ‘n blik van haarself in die spieël. Haar blonde krulle staan wild om haar kop. Vol stukke gras en bloed. Haar gesig is vol modder, afgerond met traanstrepe oor die wange.
Haar eerste gedagte is dat sy nie wil hê Konrad en sy perfek gegrimeerde pop moet haar so sien nie. En Herman, hy moet dink sy is ‘n spektakel!
Konrad staan nader.
“Ek het nog ‘n spaarsleutel vir jou kar aan myne. Moet ek dit hierheen bring?”
Herman onderbreek hom.
“Laat sy hier wag tot Maks by is. Neem haar kar huistoe. Ek sal haar gaan aflaai as Maks ok is.”
Dis asof Liesl nie krag het om met die mans te redeneer nie. Sy wil nou net weet Maks gaan leef.
Sy weet nie hoe lank sy geslaap het nie. Sy lê op ‘n bankie in Herman se spreekkamer. ‘n Groen teaterjas is oor haar gegooi. Die horlosie teen die muur wys dis skuins voor drie.
“Roxy?” vra sy onseker, maar die spreekkamer is leeg. Sy loop af in die gang.
“Hallo? Is iemand nog hier?”
Deur ‘n skrefie in ‘n deur sien sy ‘n man met ‘n teaterjas op ‘n stoel sit. Op die hondebed langs hom lê …
“Maks! Hoe gaan dit met hom?”
Herman glimlag breed.
“Die ou was al wakker, maar hy slaap nou weer. Hierdie drup beheer sy pyn.”
Sy streel sag oor haar reuse hond se slapende kop.
“Hy het jou dapper beskerm. Hy is ‘n ou bielie.”
Herman se stem is sag en kalmerend. Hy wink sy assistent nader.
“Hou jy hom dop, Kas, ek neem Mev Bruwer huis toe.”
Hy kyk na Liesl. “Jy het nou gesien hy is in goeie hande. Gaan rus nou en dan kom jy more weer. Hier is ekstra sleutels vir jou huis wat Konrad gelos het. Daar is glo ‘n wag voor jou huis tot die slotte more vervang kan word. Nice eks wat jy het …”
Liesl begin opnuut huil. Haar mond begin onwillekeurig babbel.
Na ‘n ruk besef sy sy rus met haar kop teen ‘n groen teaterjas. Sy ruk weg.
“Voel jy nou beter? Ek het nou nie van Roxy se soet tee nie, maar ek het ‘n dop brandewyn iewers in my kantoor?”
Liesl voel soos ‘n gek. Wat moet die man van haar dink? Hoe kon sy haar hele tragiese verhaal aan hom uitblaker? En dit terwyl sy soos ‘n orkaan lyk!
“Ek is jammer, ek weet nie wat my makeer nie …”
“Mens noem dit skok.” Sy kyk vas in ‘n koffiebeker met dr Harry, die diere se pel se gesig op.
“Sluk bietjie van die brandewyn, dit sal jou laat ontspan. Ek het net kalmeerpille vir honde hier.”
Liesl sluk die brandende vloeistof gulsig asof sy alle verleentheid wil verdrink. Sy voel haar wange gloei.
“Nog bietjie?”
Sy voel haar kop instemmend skud.
Dis wat sy kan onthou …
As sy wakker word, lê sy op haar eie bed. Haar kop voel dik en beneweld. Stadig kom die herinneringe van gisteraand terug. Tot en met die tweede sopie brandewyn uit die Dr Harry beker.
Hoe het sy by die huis gekom? Sy voel heeltemal buite beheer.
Koffie, sy het sterk koffie nodig. Sy voel bewerig as sy die gang af strompel.
In die sitkamer hoor sy ‘n vreemde geluid. ‘n Sagte dreunende gesnork. Anders as Maks se snork.
Op haar sitkamerbank lê ‘n groot man met ‘n groen teaterjas uitgestrek …
Die lewe is te kort om al jou eie foute te maak. Leer by ander…
Los jy jou potjies se deksels oop of staan jou skoonheidsprodukte in die son? Dan…
Maak hierdie maklike gemmerbier - dit bevat nie gis nie! Dis die heerlikste afkoel-drankie.
Vonkelwyn is ryk aan geskiedenis Die tradisie om met vonkelwyn iets te vier word histories…
Met hierdie wenke sal jy soggens die spreekwoordelike gousblom eerder as die molshoop wees, al…
Lewer sowat 9 kranse Bestanddele 100 g (160 ml) koekmeel 175 ml water…
Hierdie webwerf gebruik koekies.