Tree vir tree
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }Liesl se kop is nog in Suid-Afrika en sy gee nie veel aandag aan die res van die groep saam met wie sy haar eerste skof van die Inka-roete aanpak nie. Hoe vinniger sy die eerste tree kan gee, hoe beter, dink sy.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }Dit sou heerlik wees om alleen te kon stap, glo sy. Sy is nie lus vir mense nie. Met ’n apatiese houding hou sy haar eenkant by haar stapgroep se ken-mekaar-sessie.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }Ek is immers nie hier om vriende te maak nie, ek is hier om ’n man en hartseer uit my kop te stap, verskoon sy haar goor houding.
“Wil jy jou rugsak aan ’n portier gee of verkies jy om dit self te dra?”
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }Die man voor haar se hare is raafswart, maar die grys om die slape verraai hy is diep in sy vyftigs. Hy is duidelik lus om vriende te maak. Hoekom ek? Kla Liesl by haarself. Kan hy nie aan my lyftaal sien ek is die verkeerde een om mee te probeer maatjies maak nie?
“Ek sal my sak self dra, dankie.” Sy besef sy is regtig effe ongeskik.
“Dit raak swaar by die tweede dag,” waarsku hy, en Liesl vererg haar.
“Ek sal regkom.”
Die man retereer en sluit hom by ’n groep vriendeliker vroue aan. Liesl voel net verlangs skuldig, maar regverdig dat sy baie geld bestee het om haarself weer hier in Peru te kom vind.
Die ewige beskuldigende stemmmetjie in haar kop herinner haar dat die wêreld nie rondom haar hartseer wentel nie, maar sy probeer dit ignoreer.
Die eerste dag stap hulle vroeg van Cusco en eet ontbyt by Ollantaytambo. Die lang roete langs die Vilcanota-rivier laaf Liesl se siel, maar al is die dag se stap net ses uur, besef sy sy het ’n groot fout gemaak om nie ’n portier te gebruik nie. Haar stapgenote lag en gesels terwyl sy soos ’n blaasbalk, rooi in die gesig, agterna strompel. Haar sak kerf in haar skouers en haar laer rug pyn. Dit voel of elke sentimeter wat sy vorentoe beweeg ’n marteling is. Sy weet sy sal nooit Machu Picchu haal as sy so voel nie. Sy wil van ellendige emosies ontslae raak, maar beslis nie in die proses op die Inka-roete sterf nie. Veral Harry is dit nie werd nie.
In ’n selfbejammerende oomblik sien sy al die koerantopskrifte: “Kunstenares sterf tragies op die Inka-roete.” Sy raak so meegevoer dat sy selfbewus voel hoe die trane saam met die sweet langs haar wange afloop.
Met die volgende ruskans maak sy haar nekkie reguit, steek haar trots in haar rugsak, en peil op die vriendelike man van die vorige dag af.
“Ek dink dit sal beter wees as ek ’n portier gebruik.”
Die man glimlag vriendelik, en dit flits deur Liesl se kop dat dit darem nie ’n beterweterige glimlag is nie. Ook maar goed vir die man se eie veiligheid, want hoe meer sy sweet en hoe dieper die steekpyn in haar rug, hoe korter raak haar draad.
“Ek is Dewald. Ek het my die eerste dag al voorgestel, maar jou kop was nie hier nie.”
“Liesl, ek is jammer, ek is nie baie sosiaal nie.”
“Is jy op die oomblik nie sosiaal nie, of nooit nie,” vra hy glimlaggend terwyl hy haar help om die swaar sak van haar rug te haal.
Vir wat kan die man haar nie net met die sak help nie? Hy kan mos sien sy is te moeg en te mislik om te praat.
“Toemaar, noudat jy ontslae is van die sak, sal jy sien hoe lekker die staproete raak. Gaan koop vir jou ’n wandeltok by die manne wat daar onder die boom sit. Dit help met die trappe. Veral as ons die trappe af begin stap.”
Sy knik net haar kop hoflik en gaan koop die stok. Met haar buierigheid kan die wapen dalk net handig wees, dink sy.
Die res van die geselskap is almal mense in hul middeljare. Daar is net een jong paartjie uit die Ooste. Die ouer mense lag en gesels heeltyd. Skoon stuitig, dink Liesl suur.
Dewald kom staan weer voor haar en sy voel om hom met die wandelstok weg te stoot.
“Die portiere is plaaslike inwoners wat hulle gesinne onderhou deur toeriste se sakke te dra. Ons is mos hier om die landskap te geniet, nie om onsself te martel nie! Kom, ek gaan stel jou voor aan my vrou, dis ons tweede keer wat ons die roete stap. Dit is sy wat my elke keer stuur om jou te kom pla.”
Liesl voel ellendig skaam en berispe haarself. Maggies Liesbet, mens sou sweer alle mans is daarop uit om jou die hof te maak! Sy glimlag skuldig.
“Ek sal haar graag wil ontmoet.”
Etna is ’n kort, mollige vrou met rooi appelwange en ’n hart van goud.
“Dankie vir julle omgee,” bloos Liesl byna oor sy tot dusver so onsosiaal was.
“Niks om oor te worry nie, ek hou daarvan om Dewald rond te order.”
En dis net waar Liesl se mistroostigheid op die Inka-roete sneuwel. Etna en Dewald trek haar by die groep in en die aand na ’n harde staptog dink sy lustig saam met die groep sjerrie en giggle ewe hard en stuitig saam. Sy besef gou niemand is lus om haar oor haar persoonlike lewe uit te vra nie. Almal is net hier om hulself te geniet.
Die steil roete op teen Dead Womans Pass tot by die hoogste punt van die roete laat Liesl skietgebede opstuur dat sy haar hardkoppigheid laat staan het en haar sak vir ’n portier gegee het. Dit is verstommend hoe rats die portiere met die swaar sakke teen die pas uitbeweeg. Die drie uur af na die volgende kampterrein skep ’n vrolike afwagting by die groep en Liesl vang haarself telkens dat sy uitbundig lag en van als … en almal in Suid-Afrika vergeet.
Dewald en Etna het die roete die eerste keer na hul enigste seun se dood in ’n motorongeluk kom stap.
“Die stap is al die bloed sweet en trane werd. En daar is ’n heerlike gevoel van jy het iets bereik as jy by Machu Picchu aankom,” vertel Etna die aand na ete. Sy en Dewald het besluit om die leegheid in hul lewe met avonture te vul. Liesl besluit dat dit presies is wat sy ook voortaan gaan doen. Sy gaan nie langer haar lewe kompliseer met verhoudings wat nie werk nie. Sy besef sy kuier heel lekker met vreemdes en sal die volgende avonture net so geniet.
Sy vergaap haar aan die sneeubedekte pieke van Veronica en neem honderde foto’s van veldblomme, donkies, lamas, alpacas, Inka-bouvalle en die plaaslike kinders langs die pad. Sy neem ’n paar foto’s van die portiere wat swaar sakke dra om aan Ludwig te stuur. As hy moeg raak vir Mpumalanga kan hy ’n lekker geldjie in Peru kom verdien. Hy is sterk genoeg.
Dele van die roete is meer uitdagend en tussen die gelag vloei die trane soms. Die teksture van die landskap en die bouvalle inspireer Liesl vir ’n nuwe reeks skilderye en die tyd vlieg verby.
Op die laaste sessie van die roete van Huinay Huayna tot by Intipunku besef sy opnuut die staproete was haar beste geskenk aan haarself. Met die uitsig oor Machu Picchu uiteindelik voor haar besef sy hoe genesend elke treetjie van die roete vir haar was.
Etna en Dewald onderneem om saam met haar twee van die alternatiewe roetes na Machu Picchu aan te pak.
“Ons het niks wat ons aanjaag nie. Ek dink net aan al die kalorieë wat ek verbruik!” lag rooiwang Etna.
“En ek dink net aan al die glasies sjerrie wat ons elke aand inspireer,” is Dewald se galate antwoord op die vroue wat die besluite namens hom neem.
Liesl beny Etna en Dewald hul verhouding, maar sy besef dat hulle hul kind verloor het en sy nog haar twee kinders het.
Tussen die stap, baie glasies sjerrie en gekuier, kry sy skaars tyd om boodskappe Suid-Afrika toe te stuur.
Dis ’n lekker moeg wat haar elke aand tent toe jaag. Maar met die naggeluide van Peru om haar, weet sy vir die eerte keer in maande dat sy weer emosioneel gesond is.
Kan my kat of hond ook Alzheimersiekte kry? Dis wat jy moet weet oor "canine…
Sodra jy dink jy het al die voorskrifte onder die knie, hoor jy daar is…
Het jy geweet jou baba of peuter moet letterlik leer om sintuiglike inligting te filtreer…
Genoeg vir 6 Bestanddele 625 ml (2½ k) tee-en-vrugtesap 30 ml (2 e) gelatienpoeier…
Buiten vir sy uitsonderlike talent as musikant en liedjieskrywer, is Len Muller ook bekend as…
Hierdie webwerf gebruik koekies.