Botox, Barbies en Bietse: Episode 5: Botox, Barbies en Bietse: Episode 4: Chopsticks en sjokoladekoek deur Martie Swanepoel, voorgelees deur Elize Cawood
Meer oor Botox, Barbies en Bietse
In dié vervolgverhaal deur Martie Swanepoel neem die bekende aktrise en stemkunstenaar Elize Cawood jou op ’n boeiende reis deur Liesl Burger se lewe. Liesl is ’n kunstenaar wat die plooie van haar man se verraad met ’n vintage Barbie uit haar lewe botox. Gedurende die 16 episodes gaan jy elke week saam met haar lag en ’n bietjie huil. En dalk jou vrouwees herontdek … Jy sal dit nie wil misloop nie!
Het jy van Chopsticks en sjokoladekoek gehou? Luister sommer nou na Episode 1, Episode 2, Episode 3 en Episode 4!
Jy kan ook na ons luister op iono.fm
Nog wonderlike fiksie
As jy hierdie vervolgverhaal geniet, stel ons voor jy loer ook hier, waar ons opwindende vervolgverhale net vir jou het! Dis gratis en jy kan soveel lees as wat jy wil.
Het jy geweet?
Ons het hierdie seisoen 3 podsendings waarna jy kan luister!
Buiten Botox, Barbies en Bietse, het ons die volgende podsendings:
Bekendes soos Ruda Landman, Cindy Swanepoel, Nadia Beukes, Christel van den Bergh, Lindie Strydom en Werner Stander gesels elke tweede week openhartig met bekroonde joernalis en radio-aanbieder Ilse Salzwedel oor hul doen en late en lief en leed. Boonop gaan hulle probeer om vir luisteraars raad te gee oor hul verhoudings- en lewensprobleme. Gaan dit werk? Luister en oordeel maar! Ons waarborg ’n luisterervaring vol deernis en humor.
’n Nuwe episode word elke tweede Woensdag om 09h00 bekendgestel.
Tussen Ons
In die eerste seisoen gesels ons spesialis-joernalis, Mariette Snyman, elke week met verskeie kenners soos, dr. Jireh Serfontein, dr. Elna Rudolph en dr. Melodie de Jager oor vroue se hartsake, seksuele gesondheid en gelukkige verhoudings. As jy al ooit enige vrae gehad het oor sensitiewe onderwerpe soos pynlike seks, erektiele disfunksie, kontrasepsie, libido, seks en die menopouse, en seksuele etiket, is hierdie reeks vir jou.
’n Nuwe episode word elke Dinsdag om 09h00 bekendgestel.